Die pragtige palmbome gooi kalmerende skaduwee oor moeë reisigers.

Dit is geleë in die hartjie van Polokwane met toegang tot hoofpaaie en is naby die sentrale besigheidsarea, regeringsdepartemente, die hooggeregshof, Mediclinic- private hospitaal, Peter Mokaba-sportstadion en die Polokwanegholfbaan. Dit is onlangs opgeknap en hier kry jy styl, gerief en 'n moderne atmosfeer.

Die personeel is vriendelik, bekwaam en toegewyd – wat jou verblyf beslis spesiaal sal maak.

Kontak: 015 291 2181; reservations@cycadguesthouse.co.za; www.cycadguesthouse.co.za