Buckler’s Africa Lodge is geleë op die suidelike grens van die Kruger- nasionale perk, ses km vanaf die Krokodilbrughek. Die lodge het luukse selfsorgakkommodasie. Wild kan reg op jou drumpel gesien word.

Elke eenheid het 'n ten volle toegeruste kombuisie, ruim en suite-badkamer, lugreëling, DStv, braaigeriewe en toegang tot die swembad.

Shishangeni bestaan uit drie kampe: Shishangeni Private Lodge, Camp Shonga en Camp Shawu. Ervaar ongelooflike sonsondergange, alle soorte wilde diere by die watergat en wildritte soggens een laat in die middag op soek na die Groot 5 saam met 'n deskundige gids.

Word gepamperlang by die spa, swem in die swembad, drink skemerkelkies  en eindelose fotogeleenthede.

Kontak: 021 912 1300; reservations@bonhotels.com; www.bonhotels.com/shishangeni

Mpumalanga
Mpumalanga