Hier kan gaste die 14 km lange kuslyn geniet. Ons verblyf is 300 meter van die strand af.  Daar is sewe selfsorgeenhede met patio’s en ons het ook 'n kampterrein. Alle eenhede is ten volle toegerus en het ook hulle eie braai-area en braaikamer. Die kampterrein het ses staanplekke met lopende water, elektrisiteit en ligte. Die ablusie word gedeel.

Daar is ook 'n pragtige swembad en braai-area vir die hele gesin en 'n vermaakpark vir die kinders. Ons is troeteldiervriendelik en is ongeveer 90 km op 'n grondpad vanaf Garies en 200 km vanaf Springbok.

Petrol en diesel is beskikbaar in Koiingaas, sowat 22 km hiervandaan. Daar is drie restaurante in die dorpie.

Kontak: 083 321 1600; 011 972 1900; swanepoel2@telkomsa.net

HONNE-PONDOKKIES
HONNE-PONDOKKIES