Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg, net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort.

Met verskillende soorte selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken.

Benewens ons 4-bed-tenthuise het ons ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en 'n braai-area. Daar is puik opwas- en ablusiefasiliteite.

Perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede! Boonop bied die omgewing se rustigheid die regte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.

ATKV-Buffelspoort – ons oase in die Magaliesberge.

Kontak: 014 572 1000; buffelspoort@atkv.org.za; https://buffelspoort.co.za

DCIM\100MEDIA\DJI_0035.JPG
ATKV-Buffelspoort