Addo is ’n malariavrye Groot Vyf-park van sowat 14 000 hektaar. Hier is ook meer as 300 voëlspesies. PepperGrove Cottage is ’n plaasopstal met 3 slaapkamers, 2 badkamers, ’n groot veranda en ’n groen grasperk. Ideaal vir families.

LongHope Villa is ’n 1820-opstal wat pragtig gerestoureer is. Hier is ook ’n privaat swembad, ’n uitkykpunt, jou eie sjef, huisbestuurder, kelner en ’n gids wat tot jou beskikking is. Dis ’n gesinsvriendelike omgewing, waar kinders ook welkom is.

Kontak: www.riverbendlodge.co.za

GPS: -33,42601, 2575333

RiverBend Lodge
RiverBend Lodge