Braai in ons Boereoorlog-blokhuis of neem ? toer na die Boereoorlogbarakke wat in 'n skeerstal omskep is. Verken die rivier op soek na fossiele. Dit is die perfekte plek om verskietende sterre te tel en die skaars bloukorhaan op jou lysie af te merk.

Geniet 'n asemrowende sonsopkoms en ervaar die lewe op 'n plaas, of slaap laat en kry die rus in waarvan jy net kon droom...

Kontak: 082 322 4403; info@hillstonfarm.co.za; www.hillstonfarm.co.za

Hillston Farm
Hillston Farm