Met prentjiemooi uitsigte oor Kaapstad, die see en Tafelberg gekombineer met neutrale dekor in natuurlike skakerings van wit, bruin en grys wat die omliggende kuslyn langs Bloubergstrand beklemtoon, is dit 'n ideale plek om te ontspan.

Daar is 'n keuse van eenhede met een-, twee- of drieslaapkamers, elkeen met toegeruste kombuise, balkonne en en suite-badkamers.

Gaste kan vinnig tot by die wêreldberoemde strand stap, is na aan talle restaurante en boonop is Aquarius slegs 20 km van Kaapstad se middestad.

Kontak: 021 200 8420; reservations@aquariussuites.co.za; www.aquariussuites.co.za

Aquarius Luxury Suites
Aquarius Luxury Suites