Geleë op 'n plaas aan die voet van die Langeberge, bied ons bekostigbare selfsorgakkommodasie in vier kothuise van verskillende groottes.

Die huisies het elektrisiteit, eie badkamers, binne- en buitebraaigeriewe en dekke en is toegerus met yskas, mikrogolf, ketel, breekware en messegoed. Beddegoed en handdoeke word verskaf.

Daar is ook 'n boshut beskikbaar vir die meer avontuurlustiges – slegs gasfasiliteite en aparte ablusieblokkie. Die boshut is toegerus met die nodige, maar beddegoed word nie verskaf nie.

Kontak: 023 626 4154; info@dehoopcottages.co.za; www.dehoopcottages.co.za

De Hoop Cottages
De Hoop Cottages