Ons gastehuis is ideaal vir sakereisigers, gesinne of paartjies wat privaatheid verkies. Die vyf ruim en suite-dubbelkamers is weelderig, twee van die eenhede is vir selfsorg ingerig en die tuin (met ’n houtdek, braaiarea en swembad) het ’n rivieruitsig. ’n Selfhelp-ontbyt word by die verblyf ingesluit en – indien gaste dit verkies – kan tuisgekookte aandetes gereël word.

Spesiale aanbiedinge geld vanaf Julie tot Oktober vir Suid-Afrikaners. Kom stap, ry fiets en geniet die plattelandse gasvryheid van mooie Montagu – skaars twee ure se ry uit Kaapstad.

Kontak: 082 325 8872; info@inabundance.co.za; www.inabundance.co.za

Laresa Perlman Photography
InAbundance Gastehuis