Die geriewe is slegs 500 m vanaf die N1. Drie privaat chalets kan tot 4 mense elke huisves. Die chalets is met dubbel- en enkelbeddens toegerus, en het ook ’n mikrogolfoond, yskas, ketel, koffie, tee, melk en beskuit.

Die staanplekke is op die gras en het almal kragpunte. Die ablusiegeriewe is netjies en kampeerders het toegang tot ’n kombuis.

Kontak:  Skakel Maré de Klerk by 061 680 8476 of 084 979 5493, of stuur e-pos na deklerk.m64@gmail.com

Joalani-gasteplaas
Joalani-gasteplaas