Die binnebraai vorm deel van die oopplanleefarea, waarvandaan konsertinadeure oopmaak op die stoep, waar jy na die branders en pragtige sonsondergange kan kyk. Volle DStv.

Die hoofslaapkamer het 'n koningin-grootte bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens en gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort en bad.

Enkelmotorhuis, sowel as veilige parkering vir nog 'n voertuig. Palissades en gekoppelde alarm.

Kom geniet Lambertsbaai se buitelug restaurante, wynproe, branderplankry, 4x4- en fietsryroetes. Die Weskus op sy beste.

Kontak: 073 484 6903; carlinkotze@gmail.com

Seemeeu
Seemeeu