Die algehele ervaring is propvol verrassings en pret vir die hele familie, met asemrowende uitsigte van veral die KOO- en Breërivier valleie. Bo-op die berg Arangieskop word muskadel en droë vrugte bedien en om die rit af te rond wag daar 'n smaaklike tradisionele boere-potjiekos by die skaduryke piekniek-area.

Kom geniet Liesa's potjiekos-middagete saam met die Protea Plaas-trekkerrite Woensdae en Saterdae. Met 'n vaste spyskaart van drie verskillende potjies, lekker tuisgebakte brood en nagereg is die middagete goeie waarde vir jou geld.

Protea Plaas
Protea Plaas

Die verblyf bestaan uit drie kothuise Pine Tree, Ou Opstal, Waterblommetjie en Panorama en spog met  'n kaggel en braai-area.

Kontak: 023 614 3012; info@proteafarm.co.za

Protea Plaas
Protea Plaas
Protea Plaas
Protea Plaas
Protea Plaas
Protea Plaas