Die gastehuis is geleë in 'n stil en rustige omgewing af van die hoofpad. Ons spog met drie ten volle gemeubileerde dubbelkamers en 'n tweevertrek-gesinskamer toegerus met lugreëling, TV, WiFi en 'n eerlikheidskroeg. Beddens het net die beste gehalte linne.

Ons bedien 'n volledige ontbyt, voorsien kospakkies vir middagete en braaigeriewe op versoek.

Ons is die poort na die Weskus, Namakwaland en Noord-Kaap se blomme, die Olifantsrivier en die Richtersveld.

Kontak: 079 799 0707; bookings@theklawervine.co.za;www.thevineklawer.co.za;

Instagram: the_vine_klawer

The Vine Klawer
The Vine Klawer