Hier’s jou kaart van goeie diensverskaffers en lekker kampplekke wat jou ondersteuning benodig wanneer jy weer die pad vat. Ons het dit op ’n kaart gemerk sodat jy alles maklik kan vind! Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se OopDeureOopHarte-veldtog, waar ons instansies ’n hupstoot wil gee ná die tyd van inperking.

Aloe-karavane kry jou waar jy wil wees

Aloe-karavane
Aloe-karavane
Aloe-karavane
Aloe-karavane

Vervaardigers van nuwe karavane, motorwoonwaens, sleepwaens en bakkiekampeerwaens.

Doelgemaakte tente en herstelwerk. Herstelwerk aan karavane en ombouing van karavane en motorwoonwaens om aan die klant se behoeftes te voldoen.

Opgradering van 4x4-voertuie se brandstof- en watertenks, batterystelsels, voertuig- en sonkrag-laaistelsels. Maak nie saak wat jou droombestemming is nie, ons kan jou help om daar te kom.

Kontak: 0118921100; allan@aloecaravans.co.zawww.aloecaravans.co.za

Die ligte bly brand met LUMENO

Ons spesialiseer in LED-ligte, kolligte, strookligte, LED-bybehore, batterygedrewe ligte en voertuigbybehore. 

Ons is die alleenverspreider van Maxtrax en ons produkte is te kry regdeur Suid-Afrika, Namibië, Swaziland en Zimbabwe.

Kontak: 011 452 2855; admin@lumenoled.co.zareception@lumenoled.co.zawww.lumenoled.co.za/

Kry jou Sherpa-karavaan of -sleepwa

Sherpa Leisure
Sherpa Leisure

Sherpa Leisure is 'n vervaardiger van Sherpa-karavane en -sleepwaens in Gauteng. 

Ons reeks bestaan uit die volgende veselglaskaravane: Sherpa Tiny, Rough Roader, Tiny Lite, Sherpa Rambler, Sherpa Wanderer en die Sherpa Fibretrail-sleepwa.

Ons vervaardig ook aluminiumbote en -sleepwaens. Ons produkte kan pasgemaak word en ons vervaardig op bestelling. Ons hou ook tweedehandse eenhede in voorraad.

Kontak: 011 452-8188; sherpa@telkomsa.netwww.sherpaleisure.co.za

Word een met die natuur by Bush Willow-tentkamp

Bush Willow
Bush Willow

Kom weg van die stadsgewoel en geniet die prag van die natuur by Bush Willow-tentkamp in die Muldersdrift-omgewing. 

Geniet die Afrika-sonsondergange, ontspan by die boma-vuur, besigtig wild, hengel, stap en raak die Zwartkopsberg baas.

Die klein tentkamp is opgerig in 'n gedeelte van die Glenburn Lodge & Spa wat omring is van inheemse bos en is op die oewer van die Blaauwbankrivier net 30 minute vanaf Johannesburg en Pretoria.

Kontak: www.guvonhotels.co.za/bush-willow-tented-camp/mailto:bushwillow@glenburn.co.za; 011 668 1600

Omalweendo Safari’s: Kom kamp in die Namib!

Omalweendo Safari’s
Omalweendo Safari’s
Omalweendo Safari’s
Omalweendo Safari’s

Ons doen selfbestuurritte deur die Namibwoestyn vanaf Lüderitz na Walvisbaai deur die woestyn. 

Dit is ? toer van ses dae en vyf nagte met kampering onder die sterre. Ons besoek ook die nostalgiese, vergange diamantdorpies. Drie etes per dag word voorsien en daar is radiokommunikasie tussen alle voertuie.

Twee gidsvoertuie vergesel die groep en gaste se veiligheid in die duine is ons prioriteit. Ons doen ook Skedelkusparktoere vanaf Swakopmund na die Kunenemond en Kaokoland. Kaokoland- en Damaralandtoere is beskikbaar op aanvraag.

Kontak: willemiensmit@omalweendo.com of dekkersmit@omalweendo.com; 00264 81 1220168; 00264 81 1286296

Is jy kampgereed?

Jurgens
Jurgens

Jurgens het voorsorg getref dat jy net kan haak en soveel tyd moontlik by jou gunstelingoord kan spandeer. 

Ons het ongeveer 200 eenhede wat by ons handelaarsnetwerk te koop is. Ons vervaardig Jurgens-, Sprite- en Gypsey-woonwaens – daar is beslis 'n woonwa wat eksie-perfeksie vir jou gesin sal wees.

Kyk op ons Facebook-blad vir 'n handelaarslys en maak nou gebruik van ons "Winter Warmer"-aanbiedinge.

Kontak: 0800014802

Camp Cover, slim en sterk

Camp Cover
Camp Cover

Die tuiste van innoverende bergings- en reisoplossings. Ons gee aandag aan detail met ons puik produkte en gebruik plaaslik vervaardigde roumateriale en komponente wat met die hand uitgesoek word. 

Ons materiale is UV-behandel, kleurvas en sterk om die taaiste toestande te deurstaan. Ons gebruik slegs kleurvaste YKK-ritse en –glyers. Camp Cover is 'n 100% plaaslike vervaardiger en ondersteun plaaslike werk en werkskepping.

Ons bied puik gehalte vir die 4x4-, buitelug- en kampeerbedryf en ons verskaf 'n produkwaarborg.

Kontak: 021 905 5005; info@campcover.co.zawww.campcover.co.za

Kamp waar jy wil met Glamping Adventures

Glamping Adventures
Glamping Adventures
Glamping Adventures
Glamping Adventures

Glamping Adventures (Pty) Ltd bied unieke, pasgemaakte glanskampering in Suid-Afrika. 

Ons pakkette sluit in ruim, gemeubileerde tentverblyf wat vir gaste ingerig word, wonderlike kos en avontuuraktiwiteite – alles met 'n tikkie glans. Ons avonture is geskik vir alleenreisigers, sosiale groepe, besigheidsgeleenthede en spanbou.

Ons grootse voordeel is ons mobiliteit – ons neem jou na jou voorkeurbestemming en rig 'n luukse kamp op vir die groep met maaltye en aktiwiteite.

Kontak:

www.glamping-adventures.co.zainfo@glamping-adventures.co.za

Whatsapp: 073 539 3154; 027 11 958 5140

Twitter: @glampingza

Facebook en Instagram: @glampingadventuresza

Youtube: Glamping Adventures

Die beste virtuele toere met VPiX!

Die wêreld se beste HDR- virtuele toere. 

Virtueel geïntegreerde fotografie is die enigste VPiX®-gesertifiseerde virtuele toerkantoor in Afrika. Ons voorsien wêreldklas-, Lexus-gehalte 360-inhoud vir jou besigheid, hotel, restaurant en vakansieverhuring.

100% tevredenheid word gewaarborg en jou toere verskyn op die wêreld se beste gasheerverskaffer; Rackspace Inc.

Kontak

078 3626 0539; 360info@viphotography.netviphotography.net

Red Rock River Camp: Kies uit 'n reeks aktiwiteite!

Red Rock River Camp
Red Rock River Camp
Red Rock River Camp
Red Rock River Camp
Red Rock River Camp
Red Rock River Camp

Red Rock River Camp is 'n aktiwiteitskamp. Ons bied riviervlotvaart, vlieghengel, rotsklim, stap en meer. Geleë op die oewer van die Oranjerivier langs die Namibiese grenspos. Besoek ons plaasstal met vars produkte uit ons tuin en verskillende dierprodukte.

Kontak: 083 660 7798

Molopo Kalahari Lodge

Molopo Kalahari Lodge
Molopo Kalahari Lodge

Molopo Kalahari Lodge is geleë in die gebied bekend as die Groen Kalahari, 60 kilometer vanaf die bekende Kgalagadi-oorgrenspark, 'n spreekwoordelike oase in hierdie semi-woestyngebied. 

Molopo bied chalets met lugversorging, en suite-badkamer, kampstaanplekke met jou eie badkamer en elektrisiteit, 'n á la carte-restaurant met sitplekke binne op die patio, grootskerm-TV en ruim sitkamer, die Kalahari-kroeg, 'n trou- en konferensielokaal, swembaddens, wasgoeddiens en 24-uur-sekuriteit.

Kontak: www.molopo.ncfamouslodges.com/

Kampeerpret vir die hele gesin by Khamkirri

Khamkirri
Khamkirri
Khamkirri
Khamkirri

Pragtige rivierlodge op die oewer van die Oranjerivier naby die Augrabieswaterval vir 'n fantastiese vakansie. 

Daar is 'n verskeidenheid akkommodasie om van te kies asook kampeerpret vir die hele gesin. Perfek as jy net wil ontspan of vir korporatiewe funksies en troues.

Spandeer tyd op die water, hengel en ry met jou bergfiets. Die perfekte bestemming in die Noord-Kaap.

Kontak: 084 244 4408; bookings@khamkirri.co.zawww.facebook.com/khamkirri

Opleiding vir toeroperateurs in Suid-Afrika

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Die fasiliteerder is al langer as 30 jaar in die toerismebedryf. 

Sy het eerstehands uitgevind wat 'n operateur van die gids verwag en ook wat die gids van die operateur verwag. Daar is nou ook 'n aanvraag na opleiding wat aangepas is volgens Covid-19 en 'n nuwe aanlyn-module word aangebied.

Kontak: 084 800 5576; touroperatortrainingsa@gmail.com;

Facebook: https://www.facebook.com/Tour-Operator-Training-SA-Gogo-100330811353023/

Quatermain's se 1920's safarikamp

Quatermain's
Quatermain's
Quatermain
Quatermain's

Quatermain's is 'n bekoorlike safari-tentkamp geleë op die pragtige Amakhala-wildreservaat. 

Ons bied 'n eksklusiewe selfsorg-opsie aan ons Suid-Afrikaanse gaste vir die geleentheid om ons 6-bed-kamp te bespreek. Wildritte, Groot 5-staptogte en ander aktiwiteite is ook beskikbaar. Vanaf R450 per persoon, per nag. 

Kontak: 079 307 6640; 

reservations@haggardandbrand.comwww.quatermainscamp.co.za