Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se OopDeureOopHarte-veldtog, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die tyd van inperking.

Zandvlakte: Ontdek die Baviaanskloof

Zandvlakte
Zandvlakte

Breek weg na die berge en ervaar die wonderwêreld van die Baviaanskloof. Slaap, stap, 4x4, en ontspan. Zandvlakte, Baviaanskloof. 

Kontak: 049 839 1002 of 084 550 1070; 

zandvlakte@gmail.comwww.baviaanskloof.com

Whale Watchers Inn: Die perfekte halfweg tussen Kaapstad en Knysna

Whale Watchers Inn
Whale Watchers Inn

Whale Watchers Inn is 'n 3-ster-gastehuis vir bed en ontbyt of selfsorg. 

Dinge om te sien en te doen sluit in: walviskyk vanuit die gerief van die gastehuis, swem in die skoon, helder water van ons baai, perfekte sweefski en plankry op die Breederivier, hengel, voëlkyk en hengelhuurbote indien vooraf gereël.

Witsand is sentraal vir wonderlike daguitsappies; geniet ware vakansieverblyf deur by die gastehuis te ontspan of 'n braai in ons tuin te geniet.

Kontak: 028 537 1825, 082 835 7671; whaleinn@dorea.co.zawww.whalewatchersinn.com

Maak jou tuis by Maki-Tuis, Lambertsbaai

Maki-Tuis
Maki-Tuis

Maki-tuis-woonstelle het 'n wye verskeidenheid van selfsorgakkommodasie, geskik vir die enkeling tot groepe. 

Skoon en netjies, teen bekostigbare tariewe met veilige parkering. Of jy nou kom blomme kyk, 'n familie-saamtrek wil hou of sommer net 'n lêplek vir die nag soek, sal ons jou met graagte akkommodeer.

Ons is ook troeteldiervriendelik, so jy kan enige tyd vir Wagter ook saambring wanneer jy kom. Vir egte Weskus-gasvryheid, skakel ons gerus!

Kontak: 027 432 1240 /082 719 7986; jacorede@iafrica.com

Marlu Farm Stays and Camping: Spasie, stilte, sekuriteit

Marlu Farm Stays and Camping
Marlu Farm Stays and Camping

Ons woon op 'n werkende veeplaas waar jy die dag-to-dag-aktiwiteite van jou keuse kan geniet. 

Stap in die natuur, plaastoere, skemertoere met 2x4 en 4x4, voëlkyk, wildbesigtiging, bergklim en fietsry, asook talle fotografiegeleenthede.

Geniet maaltye en tee of veldpieknieks. Vars water is beskikbaar asook tuisgemaakte geskenkies.

Kontak: 087 702 6766

Thonga Beach Lodge: Ontdek 'n ongerepte wildernis

Thonga Beach Lodge
Thonga Beach Lodge

Geleë op die Maputulandkus in KwaZulu-Natal. Hierdie luukse 24-bed-lodge is die ideale plek om een van Afrika se laaste ongerepte wildernisstrande te verken. 

Dit is 'n magiese plek van kuswoud, grasland, bos en glinsterende mere asook wonderlike sandstrande. Ideaal vir snorkel, skubaduik en voëlkyk.

Geniet begeleide voël-, skerpioen en spinnekopuitstappies en skilpadspoorsny in seisoen. Die 12 grasdak-bossuites het 'n uitsig oor die oseaan of die woud en is uiters privaat. Uitstekende kos kan in die buitelug geniet word.

Dit is ook net die plek vir pasgetroudes, gesinne en enigeen wat net wil ontspan.  

Kontak: 035 474 1473; res@isibindi.co.zawww.thongabeachlodge.co.za

Kosi Forest Lodge: Verblyf in die iSimangaliso-vleilandpark

 Kosi Forest Lodge
Kosi Forest Lodge

Geleë in 'n ongerepte wildernisgebied van die iSimangaliso-vleilandpark, 'n wêrelderfenisgebied. 

Die landelike 16-bed-lodge is in 'n pragtige sandwoud op die waterweë van die Kosi-meerstelsel en bied gerieflike verblyf in hout-, grasdak- en seil-chalets met romantiese buitelug-badkamers.

'n Paradys vir natuurliefhebbers wat verken kan word met 'n kano, deur bosuitstappies en 4x4-ekskursies na ongerepte strande in die omgewing waar daar puik snorkelgeleenthede is. Geniet 'n skemerkelkie op die swembaddek.

Kontak: 035 474 1473; res@isibindi.co.zawww.kosiforestlodge.co.za

Verblyf op Askham: Loch Maree Guest Farm and Field Camp

Loch Maree Guest Farm and Field Camp
Loch Maree Guest Farm and Field Camp

Loch Maree se veldkamp verskaf akkommodasie vir 18 persone in die veldkamp (volledig toegerus, met lugreëling), asook verblyf in die familiesuite (slaap 6) vir die wat meer gerief wil hê. 

Aktiwiteite sluit in 4X4, wildbesigtiging en staproete. 200 kilometer vanaf Upington, 43 kilometer vanaf Askham en 90 kilometer vanaf Kgalagadi-park.

Kontak: 082 492 3469 of 082 351 1834; 

lochmaree@absamail.co.zawww.lochmareeguestfarm.co.za

Ingwenya Lodge: Bly by 'n wêrelderfenisterrein

Ingwenya Lodge
Ingwenya Lodge

Ingwenya Lodge is geleë in die eerste wêrelderfenisterrein van Suid-Afrika, Isimangaliso-vleilandpark. 

Die hek na Cape Vidal is 'n gerieflike vyf kilometer van hier af. Seekoeie wei gereeld op ons grasperk saans en les hulle dors op die trappies van ons swembad.

Die ses ten volle toegeruste, gedienste selfsorgeenhede is gesinsgeoriënteerd. Fasiliteite sluit in 'n swembad, klouterraam, lugreëling in al die kamers, gratis WiFi, DStv en troeteldiervriendelike eenhede met privaat bomas.  

30% afslag op alle besprekings na die inperking, tot en met 9 Desember 2020.

Kontak: 072 172 2119; 

grootkrokodil@ingwenyalodge.co.zawww.ingwenyalodge.co.za

Tshahitsi Lodge: Jou tuiste in Upington

Tshahitsi Lodge
Tshahitsi Lodge

Braaipakke, tuisgemaakte sosaties, ys, kameeldoringhout en water en drank (ten volle gelisensieerd) kan op die perseel gekoop word.

Daar is 'n plek om jou motor te was, wasgoeddiens, swembad, reuseskaakstel en wild om te besigtig. Ons het 'n 24-uur-sekuriteitdiens.

Kobus: www.tshahitsi.ncfamouslodges.com/

Kwenga Safari Lodge

Kwenga Safari Lodge
Kwenga Safari Lodge

Geleë in die Balule- privaat natuurreservaat. Dit vorm deel van die Groter Kruger- nasionale park. 

Balule lok 'n groot verskeidenheid voëls en wild, onder andere die Groot 5. Oggend- en aandsafari’s asook maaltye daagliks ingesluit. Akkommodasie is in individuele luukse en suite-chalets, ideaal vir sosiale distansiëring.

WildEarth het begin uitsaai op ons konsessie wat bekend staan as die Boston Pridelands-gebied.

Kontak: 082 322 8357; marketing@kwenga.co.za

www.kwenga.co.za

Gerieflik ingerig by PTA East Guest Rooms

PTA East Guest Rooms
PTA East Guest Rooms

PTA East Guest Rooms is 'n gewilde gastehuis vir diegene wat opsoek is na gerieflike akkommodasie. 

Dit is geleë twee minute se ry vanaf die Menlyn-sentrum, Menlyn Maine, Time Square-casino, die N1 Atterbury-afrit en Netcare Pretoria East-hospitaal.

Ons bedien 'n heerlike ontbyt, spog met vyf luukse en suite-kamers en 'n gesinskamer wat bestaan uit twee kamers wat met mekaar geskakel is. Die fasiliteite sluit in twee braai-areas, 'n vermaak-area, sprankelende swembad, twee eet-areas en gratis vesel-WiFi.

Kontak: 071 003 1512; admin@ptaeastguestrooms.co.zawww.ptaeastguestrooms.co.za

Bekostigbare tariewe by Ancient Emperor Guest Estate

Antbear Lodge
Antbear Lodge

Luukse 5-ster-gastehuis in Potchefstroom op die oewer van die Mooirivier, slegs 900 meter vanaf Hek 1 van die Noordwes-universiteit. 

Kamers met en suite-badkamers is gemeubileer met koningin- of twee enkelbeddens, lugversorger, kroegyskas, tee/koffiestasie, TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en veilige parkering.

Geniet aandete by een van talle gewilde restaurante hier naby.

Kontak: 083 628 6166; 084 806 0663; info@ancientemperor.co.zawww.ancientemperor.co.za

Besoek Stonehenge – in Afrika!

Stonehenge River Lodge
Stonehenge River Lodge

Stonehenge River Lodge – 'n River Side Lodge vir konferensies, troues en spanbou buite Parys op die oewer van die Vaalrivier, in die Vredefort-wêrelderfenisgebied. 

Dit is slegs 110 kilometer vanaf Johannesburg en is gerig op die korporatiewe mark met sy unieke agtergrond, toeganklikheid en moderne geriewe. Daar is 'n groot replika van die beroemde Stonehenge-monument met strategies geplaaste granietplinte regdeur die kompleks.

Ons bied 'n hartlike gaste-ervaring en voorsien in die behoeftes van konferensiegangers, sakemense en gesinne.

Kontak: 076 021 0274; mari@stoneza.co.za

TO Strand: Ontspan op Leisure Bay

TO Strand
TO Strand

TO Strand is 'n selfsorg-vakansieoord met 93 chalets en 138 woonwastaanplekke wat op die stand geleë in Leisure Bay, KwaZulu-Natal. 

Die park het twee ablusieblokke en visvang is groot onder ons besoekers. Ons chalets is ten volle toegerus met lugverkoeling en DStv. Daar is ook 'n geriefswinkel met 'n OTM op die oord.

Kontak: 039 319 2729; bookings@tostrand.netwww.tostrand.net

'n Naweek op die plaas by Vaal View Cottages

Vaal View Cottages
Vaal View Cottages

Geniet 'n naweek saam met jou gesin op 'n plaas in Douglas. Stap, hengel, roei of braai by die rivier. Selfsorghuisies wat gerieflik ingerig is met 'n ten volle toegeruste kombuis. Bel ons nou om te bespreek.

Kontak: 084 788 9412

Glenburn Lodge & Spa: Vir jou volgende spanbousessie of konferensie

Glenburn Lodge & Spa
Glenburn Lodge & Spa

Glenburn Lodge & Spa is geleë in die rustigheid van Zwartkops op die oewer van die Blaauwbank- en Krokodilrivier in die wêrelderfenisgebied “Die wieg van die mensdom”. 

Hierdie hotel, met 100 kamers, is skaars 30 minute vanaf Johannesburg en Pretoria. Dit is die ideale plek vir konferensies, produkbekendstellings, spanbou, ensovoorts.

Die agt konferensiekamers het plek vir 600 gaste en is ten volle en modern toegerus. Dit is ook een van die beste plekke in Gauteng vir warmlugballonsafari’s omdat die vliegtoestande so goed is hier.

Kontak: www.guvonhotels.co.za/glenburn-lodge/reservations@glenburn.co.za; 011 668 1600

Kloofzicht Lodge & Spa: Vyfstergasvryheid en -diens

Kloofzicht Lodge & Spa
Kloofzicht Lodge & Spa

Kloofzicht Lodge & Spa is geleë aan die voetheuwels van Zwartkops in die wieg van die mensdom, 40 minute se ry vanaf Sandton en Pretoria. 

Daar is 60 suites wat uitkyk oor die ses puik vlieghengeldamme en die onderste deel van die Blaauwbankspruit wat deur die ongerepte Zwartkopravyn kronkel.

Die lodge huisves tot 120 gaste in vyf konferensiekamers en twee kleiner vergadersale. Spa-konferensiepakkette en vlieghengelpakkette is beskikbaar en daar is ook 'n opelug-kapel en geriewe vir troues van tot 120 gaste. Die klein, maar puik natuurreservaat is die tuiste van talle wildsoorte en volop voëllewe.

Kontak: www.guvonhotels.co.za/kloofzicht-lodge/reservation@kloofzicht.co.za011 317 0600

The Fairway Hotel, Spa and Golf Resort

The Fairway Hotel
The Fairway Hotel

Geleë op die Randpark-gholfbaan twee kilometer vanaf die Cresta-winkelsentrum en elf kilometer vanaf Sandton en Rosebank in Johannesburg. 

Ons strewe na goeie diens, en ons gastetevredenheid kry 92.7% op TripAdvisor en 9.2 op Booking.com. Hierdie stadshotel is puik vir gholftoernooie, troues, konferensies en ontspanning in 'n veilige en rustige omgewing.

The Fairway Hotel, Spa & Golf Resort is lid van die Guvon-hotelgroep en is bekroon as die ‘Best New Hotel Africa and Indian Ocean’ by die World Travel Awards 2010. Die Balata-restaurant is geakkrediteer met die American Express Platinum Fine Dining-toekenning 2013-2018.

Kontak: www.guvonhotels.co.za/fairway-hotel/reservations@thefairway.co.za; 011 478 8000

Verken die Drakensberg by Antbear Lodge

Antbear Lodge
Antbear Lodge

Antbear Lodge is 'n klein eko-lodge wat deur die eienaar bestuur word en wat oorloop van gasvryheid. 

Wat maak ons so spesiaal? Wel, hier bly jy in 'n luukse grot met glasdeure wat oopmaak op 'n houtdek met hangstoele en 'n ononderbroke uitsig oor die Drakensberg.

Dan is daar ook 15 suites met 'n uitsig oor die tuin of die berg waaruit jy kan kies. Hierdie luukse eko-ervaring is 'n verantwoordelike en volhoubare besigheid met 'n organiese groentetuin, ons eie eiers en melk, tuisgebakte brood en selfs tuisgemaakte kaas. Die perfekte basis vanwaar die Drakensberg verken kan word!

Kontak: www.antbear.co.za

Halfpad na die Karoo Gariep-natuurreservaat

Karoo Gariep-natuurreservaat
Karoo Gariep-natuurreservaat

Presies halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad op die N1. 

Hier sien jy die enigste seekoeie in die Noord-Kaap. Geniet heerlike etes, sien die skaam vyf diere en sien erdvarke en aardwolwe op 'n nagrit. Bekostigbare tariewe.

Kontak: 0825679211; info@karoogariep.co.zawww.karoogariep.co.za