Die diensstasie bestaan sedert 1997 en die eienaars het mettertyd uitgebrei sodat hier nou ’n restaurant, kwekery, biltongwinkel, slaghuis en ’n wegneemrestaurant wat hoender verkoop ook is.

Kry iets vir die lang pad.

Petroport Otavi het ’n Bonjour-selfhelpwinkel wat 24 uur per dag oop is, en die vulstasie het ULP95 (petrol), 50ppm-diesel en 500ppm-diesel beskikbaar.

Skadu-parkering.
As jy ’n noodgeval het, kan jou buiteband hier herstel word en hier is ’n motorwassery om jou ryding weer te laat blink. 

Stil jou honger by die restaurant – hier is ’n uitgebreide spyskaart – of maak ’n draai by die biltongwinkel en koop droëwors, “chillibites” en die beste snitte vars vleis vir die braaivleisvuur of die pot. 
Bonjour is 24 uur per dag oop.
Die OTM.

Petroport Otavi het die afgelope 15 jaar dieselfde eienaars en die personeel is vriendelik en behulpsaam. Hier is ook informele handelaars, by wie jy vrugte en groente kan koop op pad na die panne of Kavango/Caprivi.

Rus 'n bietjie.

Die vulstasie is omtrent ’n uur en ’n half se ry van Namutoni af. Die sentrum aanvaar krediet- en debietkaarte en het ’n OTM. Hier is 24 uur per dag ’n bestuurder aan diens.

Lida (die eienaar) by Augustinus en Vilho, die twee bestuurders
'n Goeie slaghuis
Kontak:

Petroport-diensstasie: +264 67 234292

Biltongwinkel: +264 67 234838

Restaurant: +264 67 234738

E-posadres: total@mweb.com.na