Ondersteun die puik blyplekke langs die pad wanneer daardie dag aanbreek – van gasteplase in die Karoo tot spoggerige verblyf in ons buurland. Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die tyd van nasionale inperking.

Kom bly in die Withuis by Grunau, Namibië

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Beleef ’n uitsonderlike reiservaring en bly in hierdie pragtige huis wat van die vroeë 1900’s dateer. Die huis is geleë op ’n plaas van 15 000 hektaar op die B1 in Grünau.

Kom geniet die oop spasies, rus en vrede, en die onvergeetlike sonsondergange. Elke kamer het ’n en suite-badkamer en yskas. Natuurliefhebbers kan kamp. Hier is ook braaihout en braaipakke beskikbaar.

Tel: +264 63 262 061

withuis@iway.na; www.withuis.net 

Gondwana Collection, Namibië

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Gondwana Collection het, geïnspireer deur ons liefde vir Namibië en die bewaring van sy erfenis, die afgelope twee dekades Namibië se talle unieke Afrika-ervarings toeganklik gemaak vir besoekers van regoor die wêreld.

Suid-Afrikaanse burgers kan vir 'n Gondwana-kaart aansoek doen en by groot afslagaanbiedinge baat vind.

Ons versameling sluit in meer as 20 gehalteakkommodasie-aanbiedinge – van kampering tot luukse vakansies, asook 'n reiswinkel, 'n bestemmingsbestuurmaatskappy en motorhuur om jou Namibiese droom te bewaarheid. Maklik, moeitevry, onvergeetlik. 

Kontak: +264 (0)61 427 200; info@gondwana-collection.com

gondwana-collection.com

- Die Gondwana Collection behou ons erfenis

Richtersveldtoere: Gaan luilekker Richtersveld toe

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

As jy graag die Richtersveld wil beleef, maar geïtimideerd voel deur die ekstreme klimaat en ongenaakbare toestande, kontak vir Conrad Mouton vir ’n eenstopdiens. Jy bring net jou klere en kamera, Richtersveldtoere doen die res! Jy sal ook toegang hê tot professionele gidse wat die omgewing soos die palm van hul hand ken. 

0736518833/0823351399; mail@richtersveldtours.co.za 

www.richtersveldtours.co.za

The Roots-leefstylsentrum, ’n versteekte juweel in Potchefstroom 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Kom vir die koffie, bly vir die rus en vrede by Roots Cafe by The Roots in Potchefstroom. Hierdie versteekte juweel het knus kuierplekke sowel as groter sitkamers – feitlik enige grootte groep kan geakkommodeer word.

Die koffiewinkel het binne- en buite-speelplek vir kinders. Dis die ideale venue vir baba-tee’s, bruidspartytjies en verjaardae. Kom vier dit hier. Die kos, wat deur ’n sjef op die terrein berei word, is puik. 

www.theroots.co.za

Pak af by Rooipan

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Die Rooipan-gastehuis is die perfekte plek om oor te slaap op pad na die Kgalagadi. Dis op die R360 – omtrent halfpad tussen Upington en die Kgalagadi-oorgrenspark. Kies tussen verblyf met aandete en ontbyt, of ’n selfsorgwooneenheid. Kuier om die etenstafel, en eet ’n stywe ontbyt met regte koffie en vars lemoensap. Jy sal oorweldig voel deur die gasvryheid en hartlikheid!

Lizette Knoetze: 0824151579; rooipan@gmail.com 

Kom bly in Baratini op Koingnaas, Noord-Kaap

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Baratini is ’n selfsorg-gastehuis met 3 kamers en badkamers. Hier is ook ’n buitekamer met ’n badkamer. Alle kamers het dubbelbeddens, ’n volledig toegeruste kombuis, eetkamer en sitkamer met DStv.

Daar is ook ’n buitebraai en veilige parkering. Etes is op aanvraag beskikbaar. Koingnaas is ’n baie rustige en veilige bestemming in die sandveld van Namakwaland. Dis 70 km suid van Kleinzee en 20 km noord van Hondeklipbaai. 

0827736695 of 0728862720, accommodationbaratinni@gmail.com

Kuier op Kimberley: Platfontein Lodge & Conference Centre

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Platfontein Lodge & Conference Centre is omtrent 15 km buite Kimberley geleë en bied ’n verskeidenheid dienste en verblyfopsies.

0609797583; info@umfana.co.za

D’ Oude Molen-gastehuis: Jou wegbreekplek op Potchefstroom

D’ Oude Molen-gastehuis
D’ Oude Molen-gastehuis
D’ Oude Molen-gastehuis
D’ Oude Molen-gastehuis

Ons bied akkommodasie in die Bult-area, baie sentraal en naby NWU. Hier is familie-, dubbel- en enkelselfsorgkamers. Daar is 8 dubbelkamers met HD-platskerm-TV’s en DStv-dekodeerders. Gaste het ook toegang tot die braai-area en gratis Wifi.

Ons is deel van die projek Cachet Park hou die Bult veilig/skoon en het CCTV-kameras reg. Ons is oorkant Gimmies geleë.

Whatsapp: 0832976244; doudemolen15@gmail.com  

SA Forest Adventures: Roei op die Oranjerivier 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Die SA Forest Adventure Oranjerivier-roeiroete strek hoofsaaklik oor vier dae en drie nagte. Elke dag ervaar jy nuwe asemrowende landskappe soos jy deur die rustigheid van die natuur roei.

Na 'n dag se roei, slaan ons kamp op en geniet 'n gesellige atmosfeer met 'n kampvuur en heerlike kos. Daar is ook swem- en visvanggeleentheid. Na 'n beeldskone sonsondergang kan jy gereedmaak vir die helderste sterrewag en melkweg van die Kalahari, 'n absolute fees vir die oë.

Die ontmoetingspunt is by Onsseepkans.

Kontak: 079 495 3987; river@saforestadventures.co.za; www.saforestadventures.co.za/index.php/orange-river-rafting/stroomop/

Kuier by Salty Waters-B&B op Delareyville 

Salty Waters-B&B
Salty Waters-B&B
Salty Waters-B&B
Salty Waters-B&B

Ons is in die hoofstraat en bied 9 dubbelkamers met en suite-badkamers. Elke kamer het DStv met sportkanale. Op die perseel is ook die Tamboekie-hoekie-restaurant, met veilige parkering. Salty Waters is 340 km vanaf Pretoria en op die pad na die Kgalagadi-oorgrenspark. Van hier af is dit nog 612 km tot by die park.

0834285305                     

salty@mymtnmail.co.za

De Oude Herberg Country Lodge, Kenhardt

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Akkommodasie op pad na die Kgalagadi. Bekostigbare, skoon oase in Boesmanland. Veilige parkering op die perseel. Met lugreëling en troeteldiervriendelik. 

Kontak: 083 704 0218; info@kenhardtguesthouse.co.za; www.kenhardtguesthouse.co.za

Elgro River Lodge: 'n Egte Afrika-ervaring 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Elgro River Lodge is ver weg van die stadsgewoel en bied 'n egte Afrika-ervaring op 'n boog van die Vaalrivier, 30 km vanaf Potchefstroom. Die lodge het nege pragtige selfsorgeenhede by die rivier.

Die eenhede is ten volle toegerus met toegang tot die swembad om jou vakansie so persoonlik en gemaklik as moontlik te maak. Ander aktiwiteite sluit in wildritte, mampoerproe, roei, voëlkyk, bergfietsry, kunsvlieghengel, 3D-boogskiet, spanbou en baie meer. 

Kontak: 018 297 5411; reservations@elgrolodge.co.za; www.elgroriverlodge.co.za

Honnehokke-oord, Hondeklipbaai

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Hierdie bekende plek bied ten volle toegeruste chalets vir enkellopers, paartjies, gesinne of groepe vriende. Ons is troeteldiervriendelik. Ons tref spesiale voorsorgmaatreëls tydens Covid-19 om seker te maak dat ons chalets skoon en ontsmet is. Ons het 'n vermaakarea asook 'n onderdakswembad. 

Kontak: 079 161 6319; honnehokke.chalets@gmail.com; www.honnehokke.co.za

Bly in Die Papierhuisie, Hondeklipbaai

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

In die hartjie van Namakwaland lê Die Papierhuisie in Hondeklipbaai. Dit huisves 12-14 gaste. Meer “eg” kan jy nie kry nie, met alles wat jy nodig het vir 'n onvergeetlike vakansie.

Gesellige kroeg met kroegyskas, wat deel vorm van die ongelooflike kuierstoep met see-uitsig en waar alles kan gebeur, van kosmaak tot 'n vleisie of snoek braai! Perfek vir 'n groot familie of groep vriende wat steeds die ruimte wil geniet, maar tog saam wil kuier!

Kontak: nel.esme@gmail.com

Vischgat Game Lodge: Die perfekte naweek-wegbreek

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Vischgat Game Lodge is perfek vir naweke, vakansies, gesinne en as jy wil jag. Ons verkoop braaipakke, ys, kameeldoringhout, poskaarte en drinkwater op die perseel. Ons is ook ten volle gelisensieer, het 'n wasbaai, vrieskas, braaigeriewe vir groepe, swembad, reuseskaakstel, wild op die perseel en 24-uur-sekuriteit. 

Kontak: vischgat.ncfamouslodges.com

Smilin Thru Resort, Parys: Soos 'n paradys

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Ons verblyf is geleë op die oewer van die Vaalrivier aan die buitewyke van Parys, waar die natuurskoon 'n mens na jou asem laat snak. In die Vaaldriehoek vind jy ook die ongerepte natuur van die Vredefortkoepel wat 'n wêrelderfenisterrein is.

Dit is ideaal vir 'n naweekwegbreek as jy in Gauteng woon en net een en 'n halfuur se ry van Johannesburg. Ons verblyf is slegs agt kilometer uit die dorp en ons het selfsorgchalets, kampstaanplekke en 'n hotel met plek vir 40 mense vir klein konferensies.

Kontak: reservations@smilinthru.co.za

De Werf Lodge, Keimoes

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

De Werf het 21 vrystaande lodges en is ingerig vir noodsaaklike reis gedurende die inperking. Hier kan jy voorafbereide maaltye en wegneemkos kry.

Kontak: +27 54 461 1635; info@dewerflodge.com

Namibia Wildlife Resorts: Ontdek Namibië se nasionale parke

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Ons is Namibië se grootste en mees dinamiese toerismemaatskappy. Ons voorsien opsies vir kampering, lodges, safari’s en natuurervarings in Namibië se nasionale parke.

Kontak: www.nwr.com.na

River Cottages, Parys: Bly op die oewer van die Vaalrivier

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

By River Cottages is daar vermaak asook oornagverblyf in 'n asemrowende omgewing. Ons het drie ten volle toegeruste selfsorghuise wat tot 12 gaste per huis huisves, en 10 selfsorgeenhede vir twee persone.

Die huise is op die oewer van die Vaalrivier in Parys, en die kleiner eenhede is 200 meter van die rivier af. Daar is heerlike swembaddens, lapas en ingeboude braaigeriewe vir daardie warm, lui somerdae. Die ligging is geskik vir funksies en spesiale geleenthede, aangesien die eiendom baie groot en skilderagtig is.

Kontak: 083 299 2997; info@rivercottages.co.za; www.rivercottages.co.za