Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die nasionale inperking.

Welkom by Steytlerville Villa Guesthouse

Steytlerville Villa Guesthouse
Steytlerville Villa Guesthouse

Ons bied luukse akkommodasie met ontbyt. Jy kan ons gerus op jou wenslysie plaas, aangesien ons die topgegradeerde akkommodasie in Steytlerville is. Dit is troeteldiervriendelike verblyf en jou vierpotige kind is baie welkom.

Kontak: 083 414 8016; info@steytlervilleguesthouse.com

Wild Coast Horse Trails, Kei-monding

Wild Coast Horse Trails
Wild Coast Horse Trails

Perdry-avontuur op die Wildekus! Ry langs die strande van die Wildekus, met van die asemrowendste en mees perfekte perdrygeleenthede in 'n landelike omgewing ter wêreld. By die Keirivier sal 'n pont jou en jou perd vervoer na landelike Afrika waar daar rustige nedersettings op jou wag. Ry deur die golwende heuwels. Gerieflike hotelle langs die strand is die perfekte stopplek vir perd en ruiter

Kontak: 082 567 0972; wildcoasthorsetrails2@gmail.com; www.wildcoasthorsetrails.co.za

Cottage on College: Die beste "Bed & Braai"

Cottage on College
Cottage on College

Die beste bed en braai in St Francisbaai! Cottage on College bied vier unieke huisies. Roof Top huisves vier persone, Garden Cottage twee persone, The Courtyard Cottage twee persone en The Travellers Cottage drie persone. Al die huisies is toegerus met DStv, tee/koffiestasie, klein yskassie, mikrogolf, WiFi en word daagliks gediens. Braaigeriewe is daar vir alle gaste om te gebruik.

Kontak: 083 791 1107

Spinning Reel Beach Cottages, chalets & B&B

Spinning Reel Beach Cottages
Spinning Reel Beach Cottages

Geleë op die strand in Port Alfred, die hart van die Sonskynkus. Ons bied afgesonderde selfsorgstrandhuisies, puik chalets met asemrowende seeuitsigte asook bed-en-ontbyt. Wonderlike sonsopkomste soggens en die strand op jou voorstoep. Twee minute se ry na Port Alfred se dorp. Rustige, gerieflike en afgesonderde wegkomkans vir gesinne, romantiese paartjies of moeë reisigers. Die eenhede is strategies geleë tussen die duinplantegroei sodat elke eenheid privaat is. Daar is geen paaie tussen jou en die strand nie.

Kontak: 046 624 4281; info@spinningreel.co.za; www.spinningreel.co.za

The Village Lodge, Tsitsikamma

The Village Lodge
The Village Lodge

The Village Lodge is meer as 4000 m2 groot en bied 10 gerieflik ingerigte gastekamers met baie goeie linne en ruim en suite-badkamers, privaat ingange en 'n groen tuin vir 'n potjie skaak, vlugbal of sommer net om op die hangmatte in die tuin te ontspan.

Ons speletjieskamer is baie gewild by jongmense. Daar is 'n lapa op die perseel wat ten volle toegerus is vir groepe. Varsgemaakte koffie kan elke oggend geniet word terwyl die heerlike ontbyt voorberei word. Stormsrivier se aktiwiteite kan maklik van hier af bereik word.

Kontak: 042 281 1438; info@stormsrivervillagelodge.com; www.stormsrivervillagelodge.com

Pak die Baviaans-Camino aan in Willowmore

Baviaans-Camino
Die Baviaans-Camino

Die Baviaans-Camino is 'n moeilike staproete van 95 km oor vier dae deur die Baviaanskloofberge en die Kouga-bergreeks. Twaalf stappers op 'n keer, waarvan ses op perde kan wees, neem deel en ons vertrek op vaste datums tussen Maart en Oktober.

Die tog is ten volle begelei met 'n ondersteuningspan – jy stap net met 'n klein dagpak en 'n koue bier, warm stort en warm maaltyd wat op jou wag aan die einde van elke dag. Oornagverblyf is in ou plaashuise en 'n buitepos wat gedeel word met spoeltoilette en warm water.

Kontak: Esti Stewart 073 825 0835; chokkatrail@gmail.com; www.baviaanscamino.com

Pabala- privaat natuurreservaat, Loerie: Passievol oor die natuur

Pabala-privaat natuurreservaat
Pabala-privaat natuurreservaat

Stel jou voor: oop landskappe met asemrowende uitsigte van die natuur op sy beste. Groot terrasse vir wild wat verbystap na die aangrensende watergat. Ons is passievol oor die natuur en bewaring. Besoek ons vir 'n onvergeetlike ervaring. Ons voorsien akkommodasie, avontuur en herinneringe.

Kontak: 042 294 2950; admin@pabalaprivatenaturereserve.co.za; pabalaprivatenaturereserve.co.za/index.php

Gonjah 4x4, Chalet & Campsite

Gonjah 4x4
Gonjah 4x4

Gonjah is geleë in die welige inheemse woud net nege kilometer noord van Patensie in die Gamtoosriviervallei.

Dit is omring van kleurvolle woudplantegroei, bergstrome, golwende heuwels en valleie. Ervaar Gonjah se 4x4-roetes, staproete en bergfietsroete deur die pragtige landelike omgewing en sien wild soos njalas, bosbokke en die skugter Knysna-loeries; en dalk sien jy nog 'n Gonjah, die inheemse woord vir 'n sprinkaan.  

Kontak: 041 000 1585; 042 283 0437; admin@gonjah.co.za; www.gonjah.co.za

Ouwêreldse sjarme by Tsitsikamma Village Inn, Stormsrivier

Tsitsikamma Village Inn
Tsitsikamma Village Inn

Hierdie betowerende hotel is geleë in Stormsrivier en is in 1946 opgerig.

Die hotel is in privaat besit en bestuur en die kamers is individueel ingerig en het elk sy eie tuin. Die eiendom het chalets wat op die Switserse styl gebou is om hulle eie dorpsplein. Dit is naby aan die Tsitsikamma- nasionale park en die Stormsriviermonding, die Groot Boom, aktiwiteite en boswandelpaaie. Die hotel is bekend vir sy goeie kos!

Kontak: +27 (0)42 2811711; info@tsitsikammavillageinn.co.za; www.tsitsikammavillageinn.co.za

'n Beskutte hawe by Go Baviaans

Go Baviaans
Go Baviaans

Omring van die rooi kranse van die Baviaanskloof met 'n pragtige uitsig oor die vallei. Ons akkommodasie is gerig op die besoeker wat daarvan hou om homself te bederf met eenvoudige gerief en styl. Die eeue oue huis is pragtig opgeknap.

Die gerieflike verblyf is 'n wonderlike bymekaarkomplek vir families met die groot gemeenskaplike areas vir samekomste. Daar is ook 'n kothuisie vir 'n romantiese wegbreek vir twee. Alle akkommodasie is selfsorg.

Kontak: 074 939 4395; reservations@gobaviaans.co.za; www.gobaviaans.co.za

’n Oase by Archers Gastehuis, Patensie

Archers Gastehuis
Archers-gastehuis

Archers Gastehuis bied 'n ervaring van outydse gasvryheid gekombineerd met moderne luuksheid, 'n nuwe weergawe van Retro. Die ligging van die gastehuis is sodanig dat dit 'n pragtige uitsig op die pragtige bergpieke en groot, ruim tuin bied.

Dit is 'n oase vir die besigheidsreisiger en lafenis vir 'n moeë siel. Vier kamers bied elke 'n unieke styl. Die Kiosk-café bied uitstekende koffie en sensasionele eetgoed!

Kontak: info@archersguesthouse, www.archersguesthouse.co.za, 072 907 8960

Dune Ridge Country House: Bly oor in 'n ongerepte kusreservaat

Dune Ridge Country House
Dune Ridge Country House

Ons missie is eenvoudig: Ons wil blywende herinneringe vir ons gaste skep deur hulle die beste Suid-Afrikaanse ervaring te gee. Ons is geleë tussen St Francis en Cape St Francis op die gewilde Tuinroete.

Hier kan jy luukse verblyf en egte Suid-Afrikaanse gasvryheid verwag. Aangesien ons 'n spa en restaurant en verskeie ander aktiwiteite bied, is dit werklik 'n plek waar jy jou batterye kan herlaai of waar die gesin kan ontspan. Dit is ideaal geleë ten opsigte van die area se bekende strande en gholfbane.

Kontak: 082 500 4922; reservations@duneridgestfrancis.co.za; www.duneridgestfrancis.co.za

Tsitsikamma Canopy Tour: 'n Eko-avontuur

Tsitsikamma Canopy Tour
Tsitsikamma Canopy Tour

Dis hier waar boomtoptoere in Suid-Afrika begin het – in die Tuin van die Tuinroete. Ons bied besoekers 'n verantwoordelike eko-avontuur-woudtoer wat pret, interaktief en avontuurlik is vir die hele gesin. Gly op 'n staalkabel van een platform na 'n ander, 30 meter bokant die woudvloer, en ontdek die geheime van die asemrowende en unieke wildernis van Tsitsikamma se inheemse woud.

Besoekers sal baie voëls sien, asook puik uitsigte oor hierdie betowerende woud terwyl hulle besig is met hulle kaskenades onder die toesig van hulle gekwalifiseerde gids.

Kontak: 042 2811 836, marketing@stormsriver.com, www.stormsriver.com

The Loft on Lambert, Port Alfred

The Loft on Lambert
The Loft on Lambert

Twee moderne selfsorgeenhede met eie ingang en veilige parkering. Ons voorsien 'n koningingrootte bed met linne en handdoeke vir die en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis is ten volle toegerus en daar is WiFI en DStv.

Die verblyf is baie naby aan die strand, gholfbaan en winkels in die middedorp. Ons is 90 minute se ry vanaf PE en Oos-Londen se lughawens.

Kontak: 083 275 6101; saluppnow@gmail.com

Chrislin African Lodge: Op die drumpel van die Addo

Chrislin African Lodge
Chrislin African Lodge

Chrislin African Lodge is meer as net 'n plek vir bed en ontbyt. Verblyf word voorsien in tradisionele Afrika-hutte met ? gevoel van Afrika. Ons het tans 18 eenhede wat elk twee volwassenes huisves, maar het ook slaapbanke vir kinders jonger as ses. Tariewe is vir B&O maar middagete en aandete kan op versoek voorsien word.

Kontak: info@chrislin.co.za

The Windfarm, Port Elizabeth: Moenie hier verbyry nie!

The Windfarm
The Windfarm

The Windfarm is anders as ander vulstasies in die land! Dit is strategies geleë op die N2 tussen Port Elizabeth en Jeffreysbaai, met gerieflike en veilige toegang vanaf beide kante van die hoofweg. Ons glo dat ons 'n spesiale plek geskep het vir jou, die besoeker.

Hier kan jy ook jou fietswiele laat pomp. Die ontwikkeling is geskakel met die omliggende drie rivierroetes. Die winkels hier is: Shell, Spar Express, Steers, KFC, Bootlegger Coffee Company en Oumeul-bakkery.

Kontak: +27 41 007 0194; : info@thewindfarm.co.za; www.thewindfarm.co.za

Welkom by De Oude Klok Guesthouse, Jeffreysbaai

De Oude Klok Guesthouse
De Oude Klok Guesthouse

Gastehuis onder gesinsbestuur in die hartjie van Jeffreysbaai, binne stapafstand van die strand. Daar is vier en suite-slaapkamer, waarvan drie uitsigte oor die see het, 'n klein kombuisie met mikrogolf en kroegyskas en word daagliks gediens.

Hier is jy in branderplakryer se paradys, kan jy dolfyne en walvisse dophou en dan is daar oulike koffiewinkels, kroeë en restaurante.

Kontak: 042 293 1621, 082 657 1571, tomtish@intekom.co.za, deoudeklok14@gmail.com; AirBnB

Morgan Bay Hotel: Tussen die see en 'n krans

Morgan Bay Hotel
Morgan Bay Hotel

Dit is 45 minute se ry vanaf Oos-Londen. Ons hotel, wat deur familie bestuur word, bied gerieflike akkommodasie in 40 smaakvol ingerigte en suite-kamers met gratis WiFi en DStv. Ons het 'n groot swembad buite, skoonheidspa, strandboetiek en à la carte restaurant en kroeg.

Daar is ook 'n trou- en konferensielokaal, speletjieskamer en speelgrond. Strandhanddoeke en sambrele is ingesluit, terwyl branderplanke, sandplanke, SUPs en kano’s kan gehuur word.

Kontak: 043 841 1062; info@morganbayhotel.co.za; www.morganbayhotel.co.za

Sundays River Adventures , Colchester

Sundays River Adventures
Sundays River Adventures

Jou eenstop-avontuurparadys in Colchester. Ons sal jou besig hou met ons privaat toere van Suid-Afrika. Ervaar die geleentheid om met sandplanke teen die hoogste duine af te gly of geniet 'n heerlike daguitstappie na die Addo saam met ervare gidse.

Daar is baie om te doen in Port Elizabeth, maar dis ook vinnig om te kom by die Addo, die derdegrootste nasionale park in Suid-Afrika en waar jy Afrika se Groot 7 kan sien.

Kontak: 0665457729, book@sundaze.co.za, www.sundaze.co.za

Sandals Guest House, St Francisbaai: 'n Klipgooi van die strand af

Sandals Guest House
Sandals Guest House

Perfek geposisioneer 150 meter van die hoofstrand af. Ons bied 'n unieke vermenging van internasionale en puik gasvryheid en diens. Die prag, rustigheid en vriendelike gasvryheid hier sal seker maak dat jy die kans het om te ontspan en die weelde van die gastehuis te geniet. Ongerepte strande, inheemse fynbos en 'n ruwe kuslyn skep die perfekte agtergrond vir speel en ontspan in St Francisbaai!

Kontak: 042 294 0551; sandals@sandalsguesthouse.co.zawww.sandalsguesthouse.co.za

Hello Healthi retreats, Bedford

Hello Healthi retreats
Hello Healthi retreats

Albertvale-plaas is die tuiste van Hello Healthi waar ons holistiese leefstylervarings bied en jou in staat stel om beheer te neem oor jou gesondheid. Aktiwiteite sluit in joga, kreatiewe en Ayurvediese-skuilings, die plant en voorberei van organiese kos en plaasverblyf. Ons bied aanlyn-healthi-ondersteuning, asook virtuele klasse. Verander jou gesondheid en verander so jou lewe.

Kontak: 082 775 5178; Kim@hellohealthi.co.za; www.hellohealthi.co.za