Kom maak ’n draai wanneer ons weer mag reis. Stop hiér op jou road trip – ons het ’n kaart vir jou saamgestel om dit maklik te vind! 

Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die tyd van nasionale inperking. 

Oudrif, Clanwilliam: Vir 'n digitale detoks

Oudrif
Oudrif

Ons ekovriendelike strooibaallodge voorsien volle spyseniering op die oewer van die Doringrivier aan die noordelike voetheuwels van die Sederberge. 'n Maksimum van 10 gaste kan gehuisves word in vyf individuele strooibaalhuisies vir mense wat na rus en stilte smag.

Geniet die blommeprag in die winter; verder kan jy op die rivier roei, swem en hengel en op privaat strande in die son lê en bak. Ons is 100% van die netwerk af en bied dus 'n ware digitale detoks. Jy hoef net met jou klere en jou tandeborsel in die kar te spring, ons sorg vir die res. 

Kontak: oudrif@gmail.com

Thali Thali Game Lodge, Langebaan: Kom rus 'n bietjie

Thali Thali Game Lodge
Thali Thali Game Lodge

Thali Thali Game Lodge naby Langebaan is net oor 'n uur se ry van Kaapstad af. Ons het 'n driestergradering en kan tot 29 gaste huisves. Ons restaurant is daagliks oop vir ruimhartige porsies.

Hier kan jy die rustige Weskus ervaar, wildbesigtiging doen, boogskietlesse kry en skemerkelkies op die dek geniet. Hier is buffels, kameelperde, swartwitpensbokke, sebras, springbokke, koedoes, gemsbokke, elande en talle voëlsoorte.

Kontak: 082 372 8637; info@thalithali.co.za; www.thalithali.co.za

Gonana Guesthouse: 'n Onvergeetlike Weskus-ervaring

Gonana Guesthouse
Gonana Guesthouse

Gesetel op die oewer van die Atlantiese Oseaan, op die strand, met ongerepte uitsigte oor die oseaan. Paternoster is een van die oudste vissersdorpies en is bekend vir hulle gasvrye mense, pragtige strande en Weskus-sjarme.

Die gastehuis het sewe luukse kamers waarvan ses 'n eie patio met asemrowende uitsigte oor die see het. Ons wil hê dat jou besoek spesiaal moet wees, en daarom waarborg ons gastehuis 'n onvergeetlike Weskus-ervaring.

Kontak: 066 194 1105; stay@gonanaguesthouse.com; www.gonanaguesthouse.com

Geniet die uitsig op die lagoon by Casa de Palmera, Langebaan

Casa de Palmera
Casa de Palmera

Bly in ons selfsorgverblyf met 6 slaapkamers, waarvan 5 en suite is. Hier is slaapplek vir 12, DStv, linne en ’n uitsig op die strandmeer.

Die verblyf is stapafstand vanaf die strandmeer en winkels.

estle@sandandstone.co.za

Beleef ’n sonsondergang by Fork West-vakansiewoonstelle op Elandsbaai

Fork West
Fork West

Fork West-vakansiewoonstelle bied jou luukse selfsorgverblyf loopafstand vanaf die strand by Elandsbaai.Elkeen van die agt woonstelle is stylvol ingerig met twee slaapkamers (een met ’n dubbelbed, een met twee enkelbeddens), badkamer met ’n stort, leefkamer met DSTV, ontbythoek, kombuis met konveksieoond en induksieplate, ketel, broodrooster, vrieskas, braaigeriewe en basiese gereedskap.

Vier woonstelle is op die grondvloer en vier op die eerste verdieping. Kyk hoe die son sak terwyl jy op die patio braai.

Kontakbesonderhede: Theresa Uebel +27 (0)67 336 6862

Hermien Mong +27 (0)66 286 6932

info@forkwest.com; www.forkwest.co.za

La Mer: Selfsorg-akkommodasie in Paternoster

La Mer
La Mer

La Mer is geskik vir 2 gaste. J'aime la Mer kan tot 4 gaste akkommodeer en het 2 slaapkamers. Beide is reg op die strand geleë en bied asemrowende see-uitsigte. Aloe Halt is ’n gesellige huis 160 m van die strand af en het 3 slaapkamers. Tot 6 gaste is welkom. 

Al 3 eenhede is binne loopafstand van restaurante en winkels. Tariewe is per persoon, langnaweke en skoolvakansies uitgesluit.

arita@pater.co.za; www.paternosteraccommodation.co.za

Arita: 083 701 2650

Herlaai by De Pakhuys

De Pakhuys
De Pakhuys

Kom vir ’n wonderbaarlike post-Covid19-grendeltydwegbreek. Kom ontspan en vind jou siel in die rooi rotse van die Sederberg.

Ons bied pragtige selfsorgeenhede of kampstaanplekke tussen die klippe.

www.depakhuys.com

Mountain View-staproete: Doen ’n ses-dag-slenterstap in die Wes-Kaap!

Mountain View Trails
Mountain View Trails

Mountain View Trails bied ’n slenterstaproete van 6 dae in die Wes-Kaap en Weskus aan. Jy stap elke dag in ’n ander omgewing.

Die eerste dag begin in die Weskus- Nasionale Park, met sy blommeprag. Daarna verken jy Ceres en Tulbagh, sowel as die wêreldbekende wynroetes.

Die toer sluit alles in, ook etes wat jou mond sal laat water. Kom stap saam op dié bederftoer.

mountainviewtrailsinfo@gmail.com

Namakwa Toere: Bespreek jou luukse toer!

Namakwa Toere
Namakwa Toere

Namakwa Toere is ’n toeragentskap wat luukse toere bied na verskeie plekke in Suid-Afrika, Namibië sowel as Botswana.

Die onderneming het ’n absolute passie vir Suider-Afrika en kan nie wag om weer in hul 4x4-bus te klim vir die volgende avontuur nie. Die toere maak van luukse lodges en hotelle gebruik. Mense van enige ouderdom is welkom. 

0828966444; marne@namakwatoere.com

Baywatch Villa Collection, Paternoster

Baywatch Villa Collection
Baywatch Villa Collection

Ons bied luukse akkommodasie om in jou individuele vakansiebehoeftes te voorsien. Vir diegene opsoek na groot bederf, bied ons die vierstergastehuis asook die selfsorgdakwoonstel reg op die strand.

Vir gesinne het ons die Cottage & Villa, 'n skamele 70 m vanaf die strand. Ons selfsorgeenhede gee jou en jou gesin die perfekte basis vir 'n wonderlike ervaring in die pragtige dorpie Paternoster. Ongerepte strande, heerlike restaurante en baie karakter. Kom en ontspan.

Kontak: 083 675 9332; info@baywatchvilla.co.za; www.baywatchvilla.co.za

St. Helenabaai: The Shelley Point Hotel & Spa

The Shelley Point Hotel & Spa
The Shelley Point Hotel & Spa

The Shelley Point Hotel & Spa streef daarna om die eerste vyfster-boetiekhotel met 86 kamers op die Weskus te wees. Shelley Point is 'n pragtige Weskus-skiereiland by drie natuurlike baaie met sanderige, wit strande.

Die hotel bied 'n reeks aktiwiteite, soos 'n spa, haarkapper en gimnasium. Hier kan jy ook fietse huur, fliek en gholf speel. Daar is twee restaurante om van te kies. 

Kontak: 022 742 1065; reservations@shelleypointhotel.com; www.shelleypointhotel.com 

West Coast Luxury Tents: Kamp naby die strand!

West Coast Luxury Tents
West Coast Luxury Tents

West Coast Luxury Tents is 'n selfsorgfasiliteit op 'n private strand, halfpad tussen Dwarskersbos en Elandsbaai.

Daar is drie tente ongeveer 500 meter vanaf 'n ongerepte strand van 40 kilometer en is ten volle toegerus met 'n kombuisie, ys/vrieskas, opwasplek, beddegoed, handdoeke, toiletware en 'n volledige en suite-badkamer en privaat braai-area toegerus met die nodige braaitoestelle.

Alle tente huisves twee persone. 

Kontak: +27 (0)67 336 6862; info@forkwest.com

Kies tussen Nieuview of Soli Deo Gloria, Paternoster 

Soli Deo Gloria
Soli Deo Gloria

Die Nieuview-kothuise, in die vissersdorpie Paternoster op Suid-Afrika se Weskus, is reg op die strand met 'n wonderlike uitsig oor die see. Die huisies gee die gevoel van die vissersdorpie weer met klein vensters, blou hortjies, grasdak en 'n skoorsteenvenster. Maar as jy die deur oopmaak, is jy in 'n ander wêreld, 'n wêreld van weelde.

Die drie kothuise is baie privaat en in 'n stil area met die oog op die oordeelkundige besoeker wat hou van aandag aan detail en ietsie spesiaals. Die huisies gaan uit op 'n gemeenskaplike area waar daar 'n heerlike plonspoel is.

Soli Dei Gloria is spesiaal vir bejaardes, swanger vroue en mense met uitdagings – toeganklikheid en gerief kom eerste. Die woonstel is ook rolstoelvriendelik. 

Kontak: 071 132 1440; info@visitpaternoster.com; www.visitpaternoster.com

Kapteinskloof Guest House, Piketberg

Kapteinskloof Guest House
Kapteinskloof Guest House

Kapteinskloof Guest Cottage is geleë op 'n kleinhoewe in die Weskusstreek, tussen Piketberg en Velddrif, omtrent 180 km vanaf Kaapstad. Dit is in die pragtige Kapteinskloofvallei en is een van die oudste, oorspronklike plaasopstalle in die gebied.

Die huisie is selfsorg en huisves 2-6 mense. Dit word verhuur as 'n eenheid en is privaat van die hoofhuis.

Kontak: 022 9124605; 083 626 0453; meldwilson03@gmail.com

Kleinzee Cottage: Geniet tuisgekookte etes terwyl jy vakansie hou!

Kleinzee Cottage
Kleinzee Cottage

Kleinzee Cottage is 'n bed-en-ontbytplek in Kleinsee en bied vriendelike akkommodasie en tuisgekookte maaltye vir vakansiegangers en sakereisigers.

Kontak: 076 843 590; petro@kleinzeecottage.com; kleinzeecottage.com

Saldanha Bay View: Ongerepte uitsigte oor die baai

Saldanha Bay View
Saldanha Bay View

Weg van die stadsgewoel in die stil Weskusdorpie Saldanha. Daar is ses verskillende selfsorgeenhede. Jy kan die pragtige uitsigte geniet oor die baai by ons akkommodasie op die heuwel of jy kan een huis weg van die strand af wees, waar jy die warm somerwater kan geniet en op die strand kan stap!

Ons het gratis WiFi, DStv, braai-areas en parkering. 

Kontak: 061 368 2364; 022 714 4535; marlonweibel@gmail.com; saldanhabayview.co.za

Honne-Pondokkies : Kronkel al langs die kuslyn

Honne-Pondokkies
Honne-Pondokkies

Honne-Pondokkies is geleë in die dorpie Hondeklipbaai, waar rus en vrede die lewenspatroon is. Hier kan gaste die 14 km lange kuslyn geniet. Ons verblyf is 300 meter van die strand af.  Daar is sewe selfsorgeenhede met patio’s en ons het ook 'n kampterrein.

Alle eenhede is ten volle toegerus en het ook hulle eie braai-area en braaikamer. Die kampterrein het ses staanplekke met lopende water, elektrisiteit en ligte. Die ablusie word gedeel. Daar is ook 'n pragtige swembad en braai-area vir die hele gesin en 'n vermaakpark vir die kinders.

Ons is troeteldiervriendelik en is ongeveer 90 km op 'n grondpad vanaf Garies en 200 km vanaf Springbok. Petrol en diesel is beskikbaar in Koiingaas, sowat 22 km hiervandaan. Daar is drie restaurante in die dorpie.

Kontak: 083 321 1600; 011 972 1900; swanepoel2@telkomsa.net

Tortoise Trail Lodge, Langebaan

Tortoise Trail Lodge
Tortoise Trail Lodge

Ideaal geleë vir gaste wat die Weskus verken en opsoek is na huislike gasvryheid. Ons het ook selfsorgeenhede met 'n landelike kombuis en ruim B&O-kamers, ideaal vir naweke en sakereisigers. Alle kamers het koffie/tee-geriewe, TV met DStv, minikroeg-yskas asook 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kamers het elk 'n privaat dek sodat jy die uitsigte kan geniet. Ons het veilige parkering en gratis WiFi. Gedeelde area sluit in die braai, plonspoel, binnekaggel en TV-kamer vir sportentoesiaste. 

Kontak: 078 328 6191; info@tortoisetraillodge.co.za; www.tortoisetraillodge.co.za

Bly by Pik en Pikkie, Lambertsbaai

Pik en Pikkie
Pik en Pikkie

Pik en Pikkie is twee selfsorgeenhede wat geleë is een straat van die strand. Pik huisves vier volwasse persone en maksimum twee kinders. Pikkie huisves twee volwassenes en een kind.

Die twee eenhede kan ook saam verhuur word. Elke eenheid het 'n braai-area en stoep.

Kontak: 083 391 3930; eriste@bloemhofschool.co.za

Malkopbaai-woonstelle, Lambertsbaai

Malkopbaai-woonstelle
Malkopbaai-woonstelle

Malkopbaai-woonstelle is 30 meter vanaf die strand. Twee duplekswoonstelle met twee kamers elk, ruim sitkamer, een badkamer met stort in bad, (elkeen vir vier persone). Stil buurt, seefront met see-uitsig.  Raak aan die slaap met die branders se gesus. Goeie bedlinne en goed toegeruste kombuis. Paadjies al langs die strand of sit net rustig op die stoep en geniet die see.

Toesluitmotorhuis beskikbaar vir normale voertuig. DStv (slegs Easy View-pakket), maar bring jou eie kaart as jy wil. Genoeg restaurante in dorp. In ons aalwyntuin kan u ook dassies, muishondjies en talle voëltjies besigtig.  Pragtigste sons-ondergangtonele.

Kontak: 027 432 1530; malkopbaai@gmail.com

Klein Boschkloof-plaasverblyf, Clanwilliam

Klein Boschkloof-plaasverblyf
Klein Boschkloof-plaasverblyf

Klein Boschkloof is 'n welige groen oase en 'n werkende sitrusplaas in die noordelike Sederberge – met die majestueuse Krakadouwspits aan die een kant en Platberg aan die ander kant. Dit is geleë in die ongerepte Boskloofvallei wat grens aan die Cederberg Wilderness Conservancy, skaars nege kilometer van die dorp Clanwilliam.   

Die kothuise is tussen die lemoenboorde en het pragtige uitsigte oor die berge. Dit is die ideale basis vanwaar die volgende besoek kan word: Die Sederberge, Lambertsbaai, Elandsbaai, die sendingstasie by Wuppertal, Namakwaland met sy veldblomme en talle ander dorpe langs die N7-hoofweg.

Kontak: 021 100 3597; 082 674 6717; valentine@mylan.co.za; www.kleinboschkloof.co.za