By Negester Klein-Kariba, ’n beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed in die Bela-Bela-omgewing, kry jy dit alles én meer.

Dís wanneer die oop stiltes van die Bosveld begin roep. Nie net is die klimaat effens matiger nie, maar die okergeel-, olyfgroen-, en oranje-rooi-herfspalet van die Waterberge is ook iets om te aanskou.

By Negester Klein-Kariba, ’n beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed in die Bela-Bela-omgewing, kry jy dit alles én meer. Met die ATKV as ontwikkelingsvennoot wat gemoedsrus gee, en aangrensend tot die Klein-Kariba-vakansieoord, val Negester Klein-Kariba so reg in die vyftigplusser-groep se kraal. 

Hoewel hierdie leefstyl-landgoed in die hartjie van die Bosveld geleë is, geniet inwoners steeds die nabye toegang van eersteklaswinkels, ’n private hospitaal, topklasgholfbane en verskeie natuurreservate. 

Trouens, die vraag na Negester Klein-Kariba se voltiteleiendomme is só groot dat ’n nuwe fase vrygestel word om aan die groeiende vraag te voldoen.

Dís wanneer die oop stiltes van die Bosveld begin roep...

Mooi én modern

Dis goed en wel om saam met die tye te beweeg, maar nooit ten koste van tradisie nie. Daarom bly die ontwerpstyl van Negester Klein-Kariba getrou aan die Laeveld se kenmerkende plaasargitektuur, en versteur die estetika van hierdie 83 ha-leefstyl-landgoed geensins die natuurlike skoonheid en ryk dierelewe van die Bosveld-bioom nie.

Daar is reeds 201 voltitel-eiendomme verkoop en 266 erwe is volledig gediens. Die ontwikkeling is in volle gang met 120 voltooide huise en 25 in aanbou.

Die pryse van die voltitel-erwe begin by R386 325 en huisgroottes wissel tussen ±104 m² en 250 m².

Erfgroottes wissel tussen 250 m² en 728 m². Goedgekeurde huisplanne, argiteksfooie en oordragkoste vorm deel van die erfpryse. Vir kopers met ’n fyn oog vir ’n belowende beleggingsgeleentheid word daar ook duette aangebied. Duette met standaardafwerkings se pryse begin by R895 000, is 77 m² groot, en sluit ’n stoepie van 9 m² sowel as ’n motorafdak van 18 m² in.

Die nuwe fase, Fase 4B, wat so pas vrygestel is, bied selfs ’n groter verskeidenheid erwe aan kopers. Hierdie fase se 27 erwe word tans ontwikkel en dienste behoort teen einde Julie 2019 volledig geïnstalleer te wees. Pryse van dié voltitel-erwe begin by R776 160.

In 2019 is ouderdom lánkal nie meer ’n barometer van lewenslus nie! Met uitstekende sportgeriewe soos tennisbane, jukskeibane, ’n swembad, en ’n minigholfbaan, is daar verskeie opsies om liggaam en verstand soepel te hou. ’n Klubhuis word ook in die nabye toekoms gebou, wat ’n veeldoelige saal, biblioteek, haarsalon, én ’n sitkamer met dameskroeg gaan insluit.

Negester Klein-Kariba
Negester Klein-Kariba

Wees gerus

Wanneer die onvoorsiene gebeur, gaan jou gesondheid in uitstekende hande wees by Negester Klein-Kariba se moderne mediesesorgsentrum, wat binnekort in werking gestel gaan word. Die sorgsentrum beskik oor vier verswaktesorgeenhede wat 12 beddens kan akkommodeer. Tuisversorging word as ’n standaardopsie aangebied deur Medwell, die mediesesorgdiensverskaffer.

Hulle beskik ook oor ’n praktyknommer wat beteken dat eise en kosteverhalings in sommige gevalle namens inwoners behartig kan word. Alles-in-een gemoedsrus!

Opskud

Vanweë die vraag na ’n stukkie Bosveld-paradys, is hierdie leefstyl-landgoed reeds ’n swak bewaarde geheim. Jy moet dus opskud! Kom ervaar ’n nuwe sonskynseisoen by Negester Klein-Kariba.

Vir eiendomsnavrae, besoek Negester Klein-Kariba se webtuiste by www.negester.co.za/klein-kariba, of stuur 'n e-pos na info@negester.co.za of skakel hulle by 014 736 2388. Facebook-blad