Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die tyd van nasionale inperking.

Breek weg by Dibiki by Hartenbos

Dibiki
Dibiki

As jy lus het vir ’n rustige wegbreek, kom span uit by Dibiki naby die Hartenbosrivier en die strandmeer. Hartenbos is die poort tot die wêreldbekende Tuinroete en is gerieflik halfpad geleë tussen Port Elizabeth en Kaapstad. Die klimaat is heerlik, die strande het spierwit sand en hier is heelwat te doen.

Dibiki se kampeerplekke het gras, en hier is ook houtchalets en eenvertrekhutte beskikbaar. Jy kan funksies in die Lapa langs die swembad aanbied.

044 6951532/082 076 0088; info@dibiki.co.za; www.dibiki.co.za 

GPS: S 34º 06.922', E 22º 06.981' 

The Blyde Canyon, A Forever Resort

The Blyde Canyon, A Forever Resort
The Blyde Canyon, A Forever Resort

The Blyde Canyon, A Forever Resort het 'n uitsig oor die derdegrootste en groenste canyon ter wêreld en het 'n internasionale attraksie geword. Die oord het 30 karavaan- en kampstaanplekke met krag, elk met sy eie braai-area en word gediens deur twee moderne ablusiegeriewe en 'n gemeenskaplike wassery.

Op die oord kan gaste die volgende geniet: kinderspeelpark, swembad, staproetes, 'n onlangs gerestoureerde restaurant, kroeg, tennis, vlugbal, minigholf en perderitte.

Gaste kan ook bekende plekke besoek soos Pelgrimsrus, Bourke's Luck-kolkgate,  God's Window en die Kruger- nasionale park.

Eiendomontvangs: +27 (0)86-122 6966

Akkommodasiebesprekings: blyde@foreversa.co.za; www.foreverblydecanyon.co.za

Yzerfontein nooi jou vir ’n kuiertjie

Yzerfontein
Yzerfontein
Yzerfontein
Yzerfontein

Het jy inligting nodig oor verblyf, besienswaardighede, watersport, wandelpaaie, kampering, perdritte, bootvaarte, walviskyk, blomme, strande, seekos, 4x4-roetes, wildbesigtigingsritte of fietsry? Kontak Yzerfontein Toerisme!

yzerfontein@polka.co.za 

Slaan jou tent op by Arbeidsloon buite Mosselbaai

Arbeidsloon
Arbeidsloon

Die Arbeidsloon-kampterrein is 20 km buite Mosselbay op die Vleesbaaipad geleë, wat dit baie sentraal maak vir talle aktiwiteite. Die staanplekke is op ’n aktiewe plaas geleë, en skaars 5 km vanaf die pragtige strande van Boggomsbaai.

Daar is 13 staanplekke en twee silwerskoon ablusieblokke. Hier is ook klerewasgeriewe.

0718882252, bookings@arbeidsloon.co.za, www.arbeidsloon.co.za 

Walkerbouts Inn, Rhodes: Verken die Oos-Kaap

Walkerbouts Inn
Walkerbouts Inn

Drie-stergradering, gerieflik, ruim en suite-akkommodasie met heerlike landelike geregte en gasvryheid in ooreenstemming met die beste tradisies van die platteland in die geskiedkundige dorpie Rhodes.

Die kroeg is knus – as mure maar kon praat! Ideale plek vanwaar die hooglande en passe van die Oos-Kaap verken kan word of vir klein funksies of troues of sommer net om in die berge uit te hang. Al ons kamers het paneelverwarmers en die beddens het elektriese kombers teen die winterkoue.

Die dorpie is naby die Naudesnekpas en die Tiffendell-ski-oord. 

Kontak: 045 974 9290, 079 875 2009; bookings@walkerbouts.co.za; www.walkerbouts.co.za

Pear Tree Cottage and Boutique Vintage Forest Cabin, Stormsrivier

Pear Tree Cottage
Pear Tree Cottage

Twee pragtig ingerigte houthuise in ons weelderige inheemse tuin. Albei die huisies is selfsorgeenhede. Werp jou in die natuur, laat die paddas vir jou sing en sien hoe die bye in die son baljaar.

Kontak: 082 427 5248/0711404895; enquiries@peartreecottage-stormsriver.comwww.peartreecottage-stormsriver.com

Kowie Bunga Eco- Ocean & River Adventures

Kowie Bunga Eco- Ocean & River Adventures
Kowie Bunga Eco- Ocean & River Adventures

Kowie Bunga Ocean & River Adventures bied eksklusiewe begeleide oseaan- en riviervaarte vanaf Port Alfred in die Oos-Kaap. Ons is nommer een as jy opsoek is na avontuur saam met familie en vriende. 

Kontak: 071 892 8333; info@kowiebunga.com; www.kowiebunga.com

Evo Trak Quad Safari: Avontuur en nogmaals avontuur!

Evo Trak Quad Safari
Evo Trak Quad Safari

Ons is 'n toeroperateur wat spesialiseer in buitelug- en avontuurtoere in die Oos-Kaap, ongeveer sewe kilometer voor jy by Witsieshoek Mountain Lodge kom.

Ons het nie 'n vaste kantoor nie, en werk in QuaQua en omliggende gebied. Ons bied quadfietssafari’s, begeleide staptogte, kampering, bergfietsry en 'n paar ander buiteaktiwiteite.

Kontak: 071 625 2632

Nut Grove Manor Boutique Hotel: Luukse verblyf in Witrivier

Nut Grove Manor Boutique Hotel
Nut Grove Manor Boutique Hotel

Nut Grove Manor is in Witrivier, Mpumalanga.  Die ryk geskiedenis dateer terug na 1924. Die agt luukse suites en twee gesinsuites bied selfsorggeriewe en is perfek vir gaste wat wil ontspan of vir sake reis.

Elke suite is pragtig ingerig en het ruim en suite-badkamers, lugreëling, satelliet-TV, koffie/tee, haardroërs en toiletware. WiFi word ook voorsien en The Grove Restaurant bied daagliks 'n table d’hôte-spyskaart waar ons sjef se passie vir kos duidelik aan sy kos gesien kan word.

Kontak: 076 697 4886 / +27 76 232 5392; info@nutgrovemanor.co.za; www.nutgrovemanor.co.za

Indaba Lodge verwelkom jou in Richardsbaai 

 Indaba Lodge
Indaba Lodge

'n Unieke toevlugsoord net twee uur noord van Durban. Ervaar die ontspanne gasvryheid en gerief van hierdie sentraal geleë hotel. Hier word die welige subtropiese plantegroei gekombineer met die grasveld van die talle wildreservate.

Die verblyf is gerieflik met volle lugreëling en is stylvol ingerig. Kuier op Trevally's Deck met 'n koue boetiekbier en geniet 'n skemerkelkie in die kroeg of eet die heerlike buffet in ons restaurant.

Kontak: +27 (0) 35 753 1350; gm@indabarichardsbay.co.za; www.indabarichardsbay.co.za

'n Ryk geskiedenis by Coach House Hotel & Spa, Tzaneen

Coach House Hotel & Spa
Coach House Hotel & Spa

Geleë in die Limpopo-provinsie en ryk aan koloniale geskiedenis wat regdeur die hotel gevoel kan word. Daar is 38 ruim kamers in die koloniale styl wat uitkyk oor die majestueuse berge van die omgewing, elk met 'n kaggel vir die kouer aand. Geniet 'n maaltyd by die Zeederburg-restaurant.

Omdat die klimaat so matig is, is dit regdeur die jaar 'n gewilde vakansieplek. Die area het ongelooflike baie om te doen en te sien. Die hotel het ook 'n spa, twee swembaddens en is geskik vir konferensies van tot 140 gaste in ons grootse lokaal. Talle van ons gaste bly oor op pad na die wêreldbekende Krugerwildtuin deur die Phalaborwa-hek. 

Kontak: +27 (0)86 199 1199; reservations@orionhotels.co.za; www.coachhousehotel.co.za

DoringDraad: Kontrei-kuierplek

DoringDraad
DoringDraad

DoringDraad DeBen – die regte, egte Kalahari-ervaring! Ongekunsteld! Weggesteek! Hierdie oulike restaurant, kroeg en plaasstal bied heerlike kos in 'n ontspanne omgewing. Ons is bekend vir ons roosterkoeke en yskoue boetiekbier.

Ons bied die ongelooflikste lewende optredes by ons teater, die Kalahari Live Performances @ outdoor Restaurant Theater, Functions & Weddings – moenie dit misloop as jy deur die Noord-Kaap reis nie.

Kontak: 073 237 4566

BON Hotel Bloemfontein-Sentraal: Ideale oornagbestemming 

BON Hotel Bloemfontein-Sentraal
BON Hotel Bloemfontein-Sentraal

Geleë in die hartjie van Bloemfontein en beskou as een van die beste hotelle in die Vrystaat – die hotel is sentraal, en daarom is dit ideaal vir die oornagreisiger of sakepersoon. Ons bied 'n komplementêre vervoerdiens aan alle gaste na en van Bloemfontein se lughawe.

Ons hotel het 115 ruim kamers, elk met en suite-badkamer en WiFi. Daar is oos ses funksielokale, die Courtroom-restaurant en die Judges-kroeg. Ons neem die nodige stappe gedurende die Coronavirus-pandemie vir jou veiligheid. 

Kontak: +27 51 403 8000; reservations@bhbloemfonteincentral.co.za; www.bonhotels.com/bloemfonteincentral

Pretoria Caravans & Outdoor: Gehalte gewaarborg

Pretoria Caravans & Outdoor
Pretoria Caravans & Outdoor

Pretoria Caravans & Outdoor is die vernaamste karavaan- en kampeertoerusting-kleinhandelaar in Pretoria. Ons bied ons klante die beste gehalte goedere, sleepwaens en karavane ondersteun deur ons hoogs ervare personeel van oudkampeerders.

Ons is trots dat ons een van Suid-Afrika se voorste kenners is op die gebied van karavane, onderdele en bybehore. Ons is 'n gemagtigde handelaar van Jurgens, Sprite, Gypsey, Jurgens Safari en Summit Caravans & Trailers. Ons hou ook voorraad van gebruikte karavane. Ons het alles wat jy nodig het om jou vakansie onder die sterre 'n werklikheid te maak.

Kontak 0123292259; info@pretoriacaravans.co.za; www.pretoriacaravans.co.za

The Falling Feather Inn, Pretoria

The Falling Feather Inn
The Falling Feather Inn

The Falling Feather Inn is 'n stylvolle en gerieflike huis wat jou rustige verblyf waarborg in die bomarkse woongebied Val-de-Grace, Pretoria-Oos. Dit is in 'n stil area langs die WNNR en naby die botaniese tuine.

Die ligging is ideaal vir sake en vir vakansieverblyf. By The Falling Feather Inn bied ons jou 'n hartlike verwelkoming waar jy tuis sal voel.

Kontak: +27722236511, info@thefallingfeatherinn.co.za, www.thefallingfeatherinn.co.za

Hartlike gasvryheid by Mopipi B&B 

Mopipi B&B
Mopipi B&B

Wees asseblief 'n gas op ons plaas. Geniet die hartlike gasvryheid van die Fouché-gesin. Mopipi B&B is 'n rustige hawe na 'n lang reis op die pad of 'n moeilike besigheidsdag. Dit is in die Bosveld en is ook 'n lekker plek om te stop tussen Zeerust en Botswana.

Ideaal vir reisigers na Gaborone en die Madikwe-wildreservaat en is langs die R49. Daar is agt kamers wat as verblyf gehuur kan word en is die perfekte plek om te ontspan en die siel te verkwik. 

Kontak: 0834516096; mopipibandb@gmail.com

The Owlhouse Backpackers: Bly oor in 'n ou Karoohuis

The Owlhouse Backpackers
The Owlhouse Backpackers

The Owlhouse Backpackers het opsies vir kampering, koshuisbeddens en privaat en suite-kamers in 'n kou Karoohuis in die hartjie van Nieu-Bethesda. Alle maaltye is beskikbaar of jy kan jou eie maaltye berei in 'n goed ingerigte selfsorgkombuis.

Plaaslike lamsvleis en wildsvleis is ook in die dorpie beskikbaar. 

Kontak: 049 841 1642; 072 742 7113; backpackers@owlhouse.info; www.owlhouse.info

Elephant Rock Lodge: Bly by die Watergat! 

Elephant Rock Lodge
Elephant Rock Lodge

Die lodge is in die Nambiti-wildreservaat, KwaZulu-Natal, bied 'n puik Afrika-ervaring en is ideaal vir 'n romantiese wegbreek of pret vir die hele gesin. Daar is ongelooflik baie wild om te sien in 'n diverse habitat, met onder andere die Groot 5.

Heerlike kos en hoë diensstandaarde maak dit puik waarde vir geld. Daar is vyf luukse suites vir 'n maksimum van 10 gaste. Alle suites lewer algehele privaatheid en het 'n en suite-badkamer, privaat dek en buite-stort.

Kontak: 083 268 9026; reservations@nambiti.com; www.elephantrocklodge.co.za

Thabaphaswa Mountain Sanctuary: Kom bly in die bos 

Thabaphaswa Mountain Sanctuary
Thabaphaswa Mountain Sanctuary

“Thabaphaswa” beteken die berg van die swart-en-wit-bul in die plaaslike dialek – 'n bekende landmerk vir inwoners en stamme in die gebied. Dit beskryf die kleurpatrone van die Nguni-vee.

Met die berg en heuwels is dit die perfekte plek vir stap, bergfietsry en 4x4’s, en natuurliefhebbers kan ook die natuurlewe en voëls in die area geniet. Die pragtige natuurtonele word gekomplementeer deur die ontwerp van die oornagkampe, wat gekamoefleer is tussen die groot rotse wat met die berglandskap saamsmelt. 

Kontak: +27 82 389 6631, thabaphaswa@gmail.com, https://thabaphaswa.co.za

Maak reg vir jou volgende kampeeruitstappie met Bush Nest 4x4 Trailers & Accessories

Bush Nest 4x4 Trailers & Accessories
Bush Nest 4x4 Trailers & Accessories

Bush Nest 4x4 Trailers & Accessories is 'n eksklusiewe vervaardiger van kampeer- en 4x4-sleepwa- en voertuigtoebehore.

Kontak: 082 9244 076; pieter@bushnest.co.za; www.bushnest.co.za