Ja, dit verg Covid 19-papierwerk, maar jy mag weer na Namibië reis! Of jy nou al plek bespreek, of beplan vir ’n toekomsreis, hier’s blyplekke in ons buurland én puik verblyf van die Wes-Kaap tot die Noord-Kaap in Suid-Afrika. 

Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die nasionale inperking.

Sossusvlei Lodge: Ervaar egte gasvryheid

Sossusvlei Lodge
Sossusvlei Lodge

Geleë in die oudste woestyn ter wêreld en met maklike toegang tot die bekende Sossusvlei, Dooie vlei en Sesriem-canyon.

Ons het 'n sprankelende swembad, kroeg, skemerkelkiedek, biertuin en 'n buitelugterras waar jy heerlike kos, bekroonde wyne en pragtige uitsigte kan geniet oor die verligte watergat. Die avontuursentrum het 'n reeks aktiwiteite, soos begeleide ekskursies, natuurvlugte, skemerkelkieritte, en so meer om die natuurlike skoonheid van die area te verken.

Kontak: +27219304564; reservations@sossusvleilodge.com; www.sossusvleilodge.com

Etosha Village: Gerief, styl en heerlike kos

Etosha Village
Etosha Village

Twee kilometer vanaf die Anderson-ingang tot die Etosha- nasionale park. Hier word bekostigbaarheid met gerief, styl en heerlike disse gekombineer.

Die eenhede het 'n slaapkamer met lugreëling, 'n en suite-badkamer en 'n patio om die natuur te geniet. Daar is 'n grootskerm-TV, swembaddens en 'n winkel vir voorraad. Verken die area deur middel van staproetes, skemerkelkieritte en aandete in die bos.

Kontak: +27219304564; reservations@etosha-vilage.com; www.etosha-village.com

Verken Suid-Afrika met Cape Country Routes

Cape Country Routes
Cape Country Routes

Cape Country Routes is 'n vooraanstaande groep eienaaroperateurs vir akkommodasie en aktiwiteite wat almal goed gekies is vir hulle karakter, sjarme en romanse op die skilderagtige en historiese roetes van die Wes-, Oos- en Noord-Kaap.

Kontak: +27 (0)76 203 8929; bookings@capecountryroutes.com; www.capecountryroutes.com

Desert Quiver Camp,Sossusvlei

Desert Quiver Camp
Desert Quiver Camp

'n Unieke kombinasie van moderne selfsorg met gerief en styl.  Dit is skaars vyf kilometer vanaf die ingangshek na Sossusvlei. Die eenhede is uniek ontwerp en is ruim, met lugreëling.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer met stort, 'n patio en kombuisie met yskas en 'n houtbankie en braai. Die hoofarea het 'n kroeg met volledige voorraad, twee boma-areas vir groepe of families en 'n swembad.

Kontak: +27219304564; reservations@desertquivercamp.comwww.desertquivercamp.com

Ontsnap na Brandberg White Lady Lodge, Namibië

Brandberg White Lady Lodge
Brandberg White Lady Lodge

Ons kliënte besoek ons van oor die hele wêreld, nie net vir ons ervaring nie, maar ook vir ons gasvryheid, die vriendelikheid van ons personeel en die rustigheid van die Damaraland.

Brandberg White Lady Lodge is 'n plek waar jy waarlik tuis sal voel. Of jy nou kampeer of in 'n chalet bly -- daar’s alles wat jy nodig het. Hier aan die voet van die hoogste berg in Namibië het niks sedert die vroeë dae van die aarde verander nie. Horlosies, selfone en horlosies is nie deel van hierdie wêreld nie. Hier het jy tyd.

Kontak: ugab@iway.na; +264 (0)64 684004;  +264 (0)81 6114 637; www.branbergwllodge.com

Desert River Tours, Hentiesbaai: Verken die onbekende!

Desert River Tours
Desert River Tours

Namibië is 'n land vol kontraste en ongeëwenaarde natuurskoon. Dit is hoekom ons aanbied om jou in die veld in te neem met jou 4x4 om die majestueusheid van die Namibwoestyn te verken.

Ontdek die opwinding van paaie wat min gery word en slaap onder die sterre. Die rustigheid van kilometers van niks en niemand. Ons kan nie wag om jou te neem om die onbekende te verken nie.

Kontak: +264 81 127 2140; www.desertrivertours.com.na; info@desertrivertours

Bly in 'n boomhuis by Ngepi Camp!

Ngepi Camp
Ngepi Camp

Ons het kampstaanplekke op die rivieroewer en 'n kampeergebied met 'n grasperk en parkering langsaan vir voertuie, sleepwaens en karavane. Daar is elektrisiteit, 'n waterkraan en 'n braai-area. Ons het ook boomhuise wat uitkyk oor die Kavangorivier.

Ons elektrisiteit word deur die son aangedryf. Toestelle soos lugversorgers, ketels, mikrogolwe, geisers en haardroërs kan nie gebruik word nie. Alle proppunte het tydhouers. Neem deel aan die aktiwiteite om die ware gevoel van die gebied te kry. Die Mokoro-vaarte is puik en baie tipies van die streek. Daar is ook witwatervlotvaart vir avontuurlustiges.

Kontak: +26466259903; +264812028200; bookings@ngepicamp.com; ngepicamp.com

Bly onder die doringbome by Desert Camp, Namibië

Desert Camp
Desert Camp

Geleë vyf kilometer vanaf die ingangshek tot die Namib Naukluft-park onder eeue-oue doringbome met 'n ongeëwenaarde uitsig oor die woestydlandskap en omliggende berge.

Die bekostigbare selfsorgverblyf het 'n en suite-badkamer, gedeelde veranda met 'n kombuise en braai. Elke eenheid het lugreëling met twee beddens en 'n slaapbank vir twee klein kinders (onder 12), wat gratis met hulle ouers deel.

Geriewe sluit in 'n kroeg en swembad. Vars kosvoorraad kan daagliks by ontvangs bestel word en aandete en ontbyt kan by die nabygeleë Sossusvlei Lodge genuttig word.

Kontak: +27219304564; reservations@desertcamp.comwww.desertcamp.com

Rus en vrede by !Xaus Lodge, Kgalagadi

!Xaus Lodge
!Xaus Lodge

!Xaus Lodge is geleë diep in die duine van die Kgalagadi met 'n uitkyk oor 'n eeue oue soutpan.

Dit is 'n majestueuse bestemming waar jy absolute vrede en rus kan ervaar. Kom raak verlore in die groot oopheid van die rooi duine bedags terwyl jy snags aan die sterre raak. Na sonop is daar begeleide woestyntoere, wildritte, 'n besoek aan die Boesmannedersetting, 'n heerlike swembad waar jy kan ontspan en skemerkelkies in die duine. Geniet 'n driegangmaaltyd aan die einde van die dag.

Kontak: (021) 701 7860; reservations@tfpd.co.za;  www.xauslodge.co.za

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages

Kom geniet die rustige atmosfeer op 'n werkende saai- en veeplaas. Ons het drie selfsorgeenhede. Die Farm Stay huisves vyf mense, en die twee kothuise huisves elk twee mense.

Geniet ware Swartlandse gasvryheid, gaan stap (of ry fiets) op die plaas of op die Porseleinbergreeks, of besoek een van die wynplase of olyfboetieks in die omgewing. Bly oor met een van die feeste in die Riebeek-vallei of na 'n troue by een van vele trouplekke in die omgewing. Die huis en kothuise is taamlik luuks ingerig. Kom geniet die stilte en verkwik jou liggaam en siel.

Kontak: 082 896 9124; info@dassenheuwel.co.za; www.dassenheuwel.co.za

Geniet die landelike lewe by Yellow Aloe Guesthouse, Clanwilliam

Yellow Aloe-gastehuis
Yellow Aloe-gastehuis

Gebore uit 'n liefde vir die platteland en die Sederberge – hierdie moderne, sjiek, landelike bed-en-ontbyt is geskep vir 'n rustige wegkomkans uit die stad na die hartjie van die Weskus en Clanwilliam.

Van hier kan die Sederberge en omgewing verken word – en die gebied het soveel om te bied, veral gedurende Augustus en September wanneer die blommeseisoen begin.

Kontak: 0766874360, info@yellowaloe.co.za, www.yellowaloe.co.za

Vind rustigheid by The Vine Klawer

The Vine Klawer
The Vine Klawer

The Vine Klawer is 'n oulike gastehuis net af van die N7 wat tussen Kaapstad en Namibië loop Die gastehuis is geleë in 'n stil en rustige omgewing af van die hoofpad.

Ons spog met drie ten volle gemeubileerde dubbelkamers en 'n tweevertrek-gesinskamer toegerus met lugreëling, TV, WiFi en 'n eerlikheidskroeg. Beddens het net die beste gehalte linne.

Ons bedien 'n volledige ontbyt, voorsien kospakkies vir middagete en braaigeriewe op versoek. Ons is die poort na die Weskus, Namakwaland en Noord-Kaap se blomme, die Olifantsrivier en die Richtersveld.

Kontak: 079 799 0707; bookings@theklawervine.co.za; www.thevineklawer.co.za; Instagram: the_vine_klawer

Pragtige see-uitsig by Seemeeu, Lambertsbaai

Seemeeu
Seemeeu

Hierdie goed toegeruste vissermanstyl woning bied gehalte verblyf vir vier persone, met pragtige see-uitsigte. Die binnebraai vorm deel van die oopplanleefarea, waarvandaan konsertinadeure oopmaak op die stoep, waar jy na die branders en pragtige sonsondergange kan kyk. Volle DStv.

Die hoofslaapkamer het 'n koningin-grootte bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens en gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort en bad. Enkelmotorhuis, sowel as veilige parkering vir nog 'n voertuig. Palissades en gekoppelde alarm.

Kom geniet Lambertsbaai se buitelug restaurante, wynproe, branderplankry, 4x4- en fietsryroetes. Die Weskus op sy beste.

Kontak: 073 484 6903; carlinkotze@gmail.com

Sandcastle B&B Melkbosstrand: Ontdek die Weskus

Sandcastle B&B
Sandcastle B&B

Sandcastle B&B is geleë in Melkbosstrand, 'n kusdorpie 30 km noord van Kaapstad op pad na die bekende Weskus. Sandcastle is perfek vir reisigers en sakegaste.

Kontak: 021 553 1607; 072 118 4245; info@thesandcastle.co.za; www.thesandcastle.co.za

Pragtige uitsigte by Mermaid's Rest, Yzerfontein

Mermaid's Rest
Mermaid's Rest

Mermaid’s Rest is 'n selfsorgvilla met twee verdiepings in Pearl Bay, Yzerfontein. Die villa bestaan uit vyf slaapkamers, vyf badkamers, twee leefareas en 'n ten volle toegeruste kombuis. Die akkommodasie kan 'n minimum van 10 gaste neem.

Die grondvloer en die eerste verdieping het elk sy eie kombuis, slaap- en badkamers. Daar is ook 'n TV met DVD-speler. Op die balkon is daar 'n ingeboude braai asook 'n draagbare baai. Daar is 'n garage met parkering vir vier voertuie. Vir die kinders is daar 'n klimraam om hulle besig te hou.

Kontak: 082 464 0829; wsconsulting@mweb.co.za

Ruwe prag by Cederberg Ridge Wilderness Lodge

Cederberg Ridge Wilderness Lodge
Cederberg Ridge Wilderness Lodge

Cederberg Ridge is 'n luukse wildernislodge met heerlike kos, gasvryheid en avontuur. Dit uitsig is oor die panorama van die Sederberge met sy rou en ruwe prag.

Geniet 'n stylvolle wegbreekervaring, wat nogtans redelik naby Kaapstad en die Wynlande is – net 2½ uur se ry deur 'n skilderagtige omgewing. Geniet die natuurlike skoonheid van die Sederberge met 'n reeks ekskursies en aktiwiteite by ons lodge.

Kontak: 087 151 4520; res@cederbergridge.co.za; www.cederbergridge.co.za

Restaurante & dienste

Geniet seekos by Essenzeit Restaurant, Lüderitz

Essenzeit Restaurant
Essenzeit Restaurant

Essenzeit Restaurant is 'n pragtige restaurant met 'n asemrowende uitsig oor die prentjiemooi Lüderitz-waterfront. Ons spesialiseer in seekos, maar bedien ook ontbyt, ligte maaltye, steaks, pizzas en burgers. Kies uit ons groot verskeidenheid wyne en drankies op die dek of binne.

Heerlike koeke word gereeld gebak en die nageregte is iets om na uit te sien! Vriendelike kelners en personeel sal jou welkom laat voel. Ons is daagliks oop, behalwe Sondae.

Kontak: +264 81 401 4337; essenzeitrestaurant@gmail.coml; www.essenzeit-luderitz.com

Kubu4x4 Trailer and Caravan Rentals, Krugersdorp

Kubu4x4 Trailer and Caravan Rentals
Kubu4x4 Trailer and Caravan Rentals

Ons verhuur 4x4-karavane en –sleepwaens vir plaaslike en oorgrenskampeeruitstappies

Kontak: 0836316885; jannie@kubu4x4.co.zawww.kubu4x4.co.za

The Travel Connexion, Kaapstad: Skep onvergeetlike ervarings

The Travel Connexion
The Travel Connexion

Ons skep pragtige en onvergeetlike reiservarings. Ons wil graag jou lewensdroom in 'n werklikheid omskep met herinneringe wat 'n leeftyd sal duur.

Ons stel spesiale toere saam, wat ontwerp is in samewerking met ons buitelandse vennote vir 'n waarlik uitsonderlike reiservaring.

Kontak: 021 671 1405; 083 260 1254; hello@thetravelconnexion.co.za; www.thetravelconnexion.co.za

AZATourist Company: Doelgemaakte toere regdeur SA

AZATourist Company
AZATourist Company

AZATourist Company ontwerp doelgemaakte toere regdeur suidelike Afrika: Weskus, Namakwaland, Tuinroete en tot in Zimbabwe, Botswana en Namibië en spesialiseer in klein groepe van twee tot tien mense. Ons begeleide reise van twee dae tot vier weke is daarop gerig om jou die lewe van 'n toeris te gee!

Kontak: +27 83 777 0939; www.azatourist.com; jeremy@azatourist.com