Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die tyd van nasionale inperking.

Dis pure plaas by Middelberg 

Middelberg
Middelberg

Middelberg het ’n goed toegeruste selfsorggastehuis (ideaal vir twee gesinne) op ’n werkende plaas. Hier is ook ’n pragtige private kampterrein met 6 staanplekke in die berg, wat slegs met ’n 4x4 toeganklik is. Vir fietsryers is hier 4 asemrowende bergfietsroetes en vir stappers talle wandelpaaie, waar jy ook sebras, blouwildebeeste en ribbokke sal raakloop.

Daar is ook geriewe vir groter groepe, bv. fietsrykampe, spanbougeleenthede en familiesaamtrekke.

0829270210, carin.havinga7@gmail.com, www.middelbergfarm.com 

Beleef die blomme by Hardeveld Lodge, Nuwerus

Hardeveld Lodge
Hardeveld Lodge

Hardeveld Lodge is op die pad tussen Kaapstad en Namibië geleë en is in die hartjie van die Namakwa-blommestreek.

Slaap oor in die B&B, selfsorgeenhede of kamp. Gebruik die lodge as basis om die streek te verken, of slaap oor onderweg na Kaapstad of Namibië.

0741907266/0723282658; hardeveldlodge1@gmail.com; www.hardeveldlodge.co.za 

Verskeie opsies by Meurant op Riversdal 

Meurant
Meurant

Meurant-selfsorg het 4 eenhede: Bring ’n groep of kom alleen. Ons kan tot 16 gaste huisves in ’n verskeidenheid verblyfopsies. 

0834175697

Kuier op Ladismith by Parkside-gastehuis

Parkside-gastehuis
Parkside-gastehuis

Parkside is ’n Tuiste weg van jou huis af. Die gastehuis is een jaar oud en probeer vir elke gas ’n unieke ervaring skep. Hier is 6 en suite-kamers wat almal uitloop op die swembad.

Die gastehuis kyk uit oor Towerkop en Oom Stanley se liggie. Ontbyt en aandete word voor ’n warm kaggel voorgesit in die winter. Kies Parkside vir klein gesellighede. 

0285511326 of 0836920803; info@parksideguesthouse.co.za; www.parksideguesthouse.co.za 

Leef luuks by De Haas op Stellenbosch

De Haas Luxury Living
De Haas Luxury Living

De Haas Luxury Living kombineer die historiese sjarme van Stellenbosch met al die luukshede van moderne verblyf.

Dis op die oewer van die Eersterivier geleë en loopafstand van die dorpskern van Stellenbosch. De Haas is perfek geleë om die museums te verken en die uitstekende restaurante te gebruik. 

0749185658, info@dehaasliving.co.za, www.dehaasliving.co.za

Bly in die art deco Montagu Country Hotel

Montagu Country Hotel
Montagu Country Hotel

Kom bly in die enigste oorspronklike art deco-hotel in Suid-Afrika. Dis perfek vir ’n plattelandse wegbreek, en reg in die middel van Route 62 geleë, slegs 2 uur van Kaapstad. Die hotel het ’n vierstergradering, tradisionele restaurant, en spa met ’n minerale jacuzzi.

Jy kan ook in ’n klassieke motor die wynstreek besoek.

023 614 3125, res@montagucountryhotel.co.za, www.montagucountryhotel.co.za 

Kom gly by die Kango-grotte

Kango-grotte
Kango-grotte

Die Cango Caves Zipline Adventure neem jou met ’n glydraad deur die pragtige Kangovallei, skaars ’n kilometer van die wêreldbekende Kango-grotte. Dit is pret vir die hele gesin. Daar is ook dubbellyne beskikbaar sodat twee mense saam kan gly.

Die toerusting sluit ’n harnas en helm in, en jy sal oor alle veiligheidsaspekte ingelig word. Die eerste lyn is sowat 180 meter vanaf die ingang van die Kango-grotte, en die laaste een – ’n opwindende rit oor 500 meter – eindig by die deli en koffiewinkel.

0798918248; cangocavesestate@mdwireless.co.zawww.cangocavesestate.co.za

Die Ark-kampeerterrein & backpackers

 Die Ark-kampeerterrein & backpackers
Die Ark-kampeerterrein & backpackers

Kom bly in die Ark op Koringberg (naby Moorreesburg). Hier is ’n kampterrein en backpackers op ’n plaas! Kontak Bregda Mostert:

083597009; ark@patat.co.za               

Facebook: Die Ark Koringberg

Ontsnap na die Klein-Karoo by Earthbound

Earthbound
Earthbound

Earthbound is ’n pragtige gastehuis met ’n vierstergradering in Oudtshoorn, Suid-Afrika.

Hier is ses silwerskoon, moderne slaapkamers met uitstekende geriewe en bekwame personeel. Kom ontspan in die pragtige tuin en geniet die bekoorlike Klein-Karoo.

0844910329; basjan2@gmail.com; www.earthboundbb.co.za

Veld toe by Traveller's Rest -akkommodasie

Traveller's Rest
Traveller's Rest

Kom bly in ten volle toegeruste selfsorgeenhede in die veld. Die ideale plek vir sosiale isolering!

Traveller's Rest-padstal: Besoek die padstal en restaurant vir puik kos en geskenke.

0825549303; charite@vodamail.co.za

Bly in blommeland – kom na Namaqua Lodge!

Namaqua Lodge
Namaqua Lodge

Namaqua Lodge is ’n lodge in die middel van blommeland. Van hier kan jy elke dag in ’n ander rigting ry om te gaan blomme kyk. Die lodge het ’n restaurant, kroeg en selfsorggeriewe, wat jou  eenstopgerief bied.

As jy raad soek om jou blommekykavontuur te beplan, die personeel hier ken die streek baie goed. Kom geniet die huislike atmosfeer.

info@namaqualodge.co.za

Geniet die uitsig by die Highlands-eko-landgoed by Piketberg

Highlands-eko-landgoed
Highlands-eko-landgoed

Dié eko-landgoed is op die prentjiemooi Piketberg in die Wes-Kaap geleë. Die pragtige houthuis is op ’n landgoed van 550 hektaar van ongerepte plaasgrond en bied natuurskoon wat jy nog selde gesien het.

Kom geniet die plant- en dierlewe, die panoramiese uitsigte oor die berge, en die verskeie plekke van waar jy die sonsondergang kan bewonder. Highlands is net 90 minute buite Kaapstad. Dis afgeleë, maar tog maklik bereikbaar.

www.highlandsecoestate.co.za; info@highlandsecoestate.co.za; 0828810940

Daisy Darling B&B, circa 1905!

Daisy Darling B&B
Daisy Darling B&B

Daisy Darling Bed & Breakfast is gerieflik geleë op die stil gedeelte van Darling se hoofpad. Dit is binne maklike stapafstand van talle van die attraksies wat Darling so spesiaal maak.

Ons het die huis se spesiale karakter bewaar terwyl ons gesorg het dat die drie en suite-kamers al die moderne geriewe het sodat gaste hulle verblyf kan geniet.

Kontak: 022 492 2092; info@daisydarling.co.za 

Tsala Treetop Lodge: Slaap tussen die boomtoppe!

Tsala Treetop Lodge
Tsala Treetop Lodge

Tussen die boomtoppe van 'n eeue oue inheemse woud is Tsala, 'n weelderige viering van die gees van Afrika. 10 luukse suites en ses dubbelkamer-villas met privaat dek en plonspoel is in die woud versteek. Geniet unieke spyskaarte by die Zinzi-restaurant of kies uit twee ander opsies by Hunter’s Country House.

Dit is romanties en pure avontuur om in jou eie, verhewe plekkie te bly in die hartjie van die Tuinroete, 'n ideale basis vir jou vakansieavontuur.

Kontak: 044 501 1111; res@hunterhotels.com; www.hunterhotels.com

Stop op die N2 by Ikigai Coffee Bar & Deli

Ikigai Coffee Bar & Deli
Ikigai Coffee Bar & Deli

Ikigai Coffee Bar & Deli is geleë in die dorpies Riversdale en Swellendam, net af van die N2-hoofweg. Ons bedien varsgemaakte fynproewer-toebroodjies asook soet- en soutpeuselhappies.

Geniet 'n koppie spesialiteitkoffie van Origin Coffee Roasting terwyl jy rondsnuffel in die winkel met kunsprodukte wat van oral in Suid-Afrika verkry is.

Kontak: 028 713 1260; ikigaicoffeebar@gmail.com; www.ikigaicoffeebar.co.za

Ingwe Adventures, Plettenbergbaai

Ingwe Adventures
Ingwe Adventures

Ons het iets vir almal – van aksiebelaaide tot rustige spanbou- en avontuurpakkette vir skole, besighede, reisigers en gesinne. Daar is hindernisbane, probleemoplossing- en verkenningsavonture, ekologie en bewusmaking.

Kies tussen stap, kajak of SUP. Skoolprogramme is onderskryf deur die WKOD en kan met CAPS geïnkorporeer word. Akkommodasie in 5-ster-lodges is beskikbaar. Word een met die natuur, vind uit wat jou potensiaal is en kom geniet jouself. 

Kontak: 083 442 6115; info@ingwe.org.za; www.ingwe.org.za

Wildehondekloof Private Game Reserve 

Wildehondekloof Private Game Reserve
Wildehondekloof Private Game Reserve

In Oudtshoorn is daar 'n eksklusiewe privaat wildreservaat wat luukse akkommodasie en privaat wildritte aanbied.             

Kontak: 082 584 9957

Africa Complete, Knysna

Africa Complete
Africa Complete

Africa Complete is 'n bemarkingsagentskap wat op lidmaatskap gebaseer is en wat 'n portefeulje van luukse eiendomme adverteer in Afrika suid van die Sahara en veral in Suid-Afrika aan toeroperateurs regoor die wêreld.

Met ons ondervinding van meer as 'n dekade, spog ons met hoë bewoningsgetalle vir al ons lede, hulle luukse eiendomme en puik diens. Dit beteken ons toeroperateurs kan hulle gaste ongeëwenaarde ervarings bied in vier- en vyfsterverblyf. Persoonlike, professionele diens wat ons die voorkeurkeuse maak vir die beste toeroperateurs.

Kontak: 060 381 5910

Kalmoesfontein, tuiste van AA Badenhorst Family Wines

Kalmoesfontein
Kalmoesfontein

Selfsorgakkommodasie en funksielokaal op 'n werkende wynplaas in die Swartland (Malmesbury), een uur se ry vanaf Kaapstad.

Groot, oop ruimtes, vars lug, baie diere en aktiwiteite vir kinders.

Kontak: 079 652 6101; www.kalmoesfontein.com

Geniet ’n unieke eko-ervaring by Tenikwa-wildrehabiliteringsentrum

Tenikwa-wildrehabiliteringsentrum
Tenikwa-wildrehabiliteringsentrum

Lus vir ’n gesinsavontuur? Hierdie twee-nag-avontuur is vol pret-aktiwiteite vir die hele gesin.

Dit is ’n unieke eko-ervaring wat natuuraktiwiteite op die personeel, wat deur die Tenikwa-personeel aangebied word, met gerieflike verblyf in familiesuites kombineer.

0824861515,bookings@tenikwa.co.za, tenikwa.com/2-night-family-adventure