Hier is ’n lys van woonwaparke in Durban en omgewing wat oop is.

1. Queensburgh-woonwapark. Hier het net een muur omgeval maar die woonwapark is oop. 

2. Scottburgh-woonwapark

3. Mac Nicol's. Die woonwapark is oop, maar die pad soontoe is sleg. Dit word tans herstel. 

4. Bluff Eco Park. Net bome het hier omgewaai

5. Caravan Cove

6. Karridene Parks

7. ATKV Natalia

8. Villa Spa

9. Rocky Bay. Die bestuur beveel aan dat besoekers wegbly van die strand af. Die water is onstuimig, bruin en vol rommel ná die storm.  

10. Dolphin-vakansieoord. 

11. Salt Rock-woonwapark

12. Ocean Call-woonwapark. Hier was net ’n paar staanplekke onder water, maar die park is oop. Die paaie rondom die park is egter in ’n slegte toestand. 

13. Umtentweni-woonwapark. 

*Weet julle van nog woonwaparke in die Durban-omgewing wat deur die storm geraak is? Laat ons weet by digitaal@weg.co.za.