Stephan het vir hulle voertuig, Ouboet, sitplekoortreksels laat maak. Hy het die vervaardiger ook versoek om twee ekstra sakkies te maak wat dan onderaan die voorste sitplekke met ’n strook velcro vasheg word.

Die sakkies sit voor aan die sitplekke, hier onder die waai van jou bene.

Hulle kan waardevolle goed soos beursies en fone daarin bêre en die sakkies is maklik om in die ry by te kom. Wanneer hulle dan êrens stilhou, kan hulle die sakkie afhaal en saamneem.

Só bly dit ook uit die pad van lang vingers wanneer die voertuig êrens geparkeer staan.  

Goed versteek
Versteek
Neem die sakke saam


Hierdie artikel het die eerste keer op 24 Oktober 2016 op Weg se webtuiste verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussen verander het – laat weet gerus as jy so iets raaksien.