Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 250 g spek
  • 500 g brocolli
  • 1 rooi soetrissie
  • ¼ koppie rooiui
  • ¼ koppie mayonnaise
  • ¼ koppie Griekse jogurt
  • 1-2 eetlepels rissiesous
  • sout en swartpeper na smaak
  • ½ koppie cheddarkaas, in blokkies gesny
  • 8 dadels, fyngekap
  • 10 pekanneute, fyngekap
  • vars suurlemoen na smaak


Só maak jy

1 Braai die spek bros, kap dit fyn en hou dit eenkant. Kap nou die broccoli, soetrissie en ui in kleiner stukkies.

2 Gooi die mayonnaise, jogurt en rissiesous in ’n bakkie. Geur dit na smaak met sout en swartpeper en meng alles goed deur.

3 Meng die spek, broccoli, soetrissie en ui saam en roer dan die sous deur. Roer laastens die kaas, dadels en neute deur. Geur die slaai na smaak met suurlemoensap en laat dit vir ’n uur staan voor jy opskep.

Weg Ry & Sleep sê Hierdie slaai smaak die volgende dag selfs beter.