Wium van Polokwane het hierdie kampwenk in 2013 met ons gedeel. Hy vertel: "Ek het ’n rukkie gelede by ’n kampterrein gekamp waar ek nie toegang gehad het tot ’n tuinslang om my woonwa se watertenk vol te maak nie. Al wat byderhand was, was ’n groot emmer. Weens die ontmoontlike hoek was dit moeilik om die tenk vol te gooi sonder om oral water te mors.

Ek het ’n 1,5 l-waterbottel geneem en ’n gat gesny in die kant van die bottel wat boontoe wys. Die bottel pas styf in die wateropening en ek kan maklik die emmer vol water maak en dit in die bottel leegmaak. Die bottel dien dus as ’n tregter. Ek mors glad nie meer water nie.

*Hierdie wenk het in Wegsleep #52, Januarie-Februarie 2013,  uitgawe verskyn.