Jy benodig

(genoeg vir 6-8)

•    80 g pakkie lemoenjellie
•    1 koppie grenadillapulp, vars of geblik
•    1 blik (385 g)kondensmelk
•    1 pak (200 g) vingerkoekies vir voorsit(ons het Boudoir gebruik)

Só maak jy

1. Gooi die jellie in ’n groot mengbak en los dit in 1 koppie kookwater op. Voeg dan1 koppie koue water by en laat dit effens stol.
2. Gooi ½ koppie grenadillapulp en die kondensmelk by die jellie en meng dit baie goed.
3. Skep dit in ’n opdienbak en smeer die res van die grenadillapulpdaaroor. Laat ditstol en bedien dit met vingerkoekies as lepels.