Jy kan die pesto vervang met enige ander smeer soos chimichurrisous, chermoulasmeer, uiemarmelade of olyftapenade.  

Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 1 groot ciabatta of ronde plat witbrood
  • ½ flessie pesto (of gebruik enige ander smeer of sous van jou keuse)
  • 5 eetlepels sagte botter
  • 4 knoffelhuisies, fyngerasper
  • 125 g camembert of brie, in skyfies gesny


Só maak jy

1. Sny die brood in eweredige snytjies, maar wees versigtig om nie deur die onderste korsie te sny nie. Smeer die pesto, botter en knoffel tussen die snytjies en druk van die kaasskyfies in die gleuwe.

2. Draai die brood in foelie toe en braai dit vir 10 minute oor matige kole tot warm.

Wenk: Jy kan ’n mengsel van verskillende kase gebruik – feta, bloukaas en brie is heerlik.