Schalk Burger van Bloemfontein vertel hy het op ’n kampsafari deur Namibië omtrent by elke kampterrein ’n ander soort koppeling vir sy tuinslang nodig gehad. “Dit was baie frustrerend om net ’n algemene 19-mm-passtuk by my te hê, en ons het elke keer gesukkel om die woonwa se watertenk vol te tap.

“Terug by die huis het ek vier verskillende koppelings gemaak – ’n 16-, 19- en ’n 22 mm-koppeling, én een met ’n buigsame rubberomhulsel wat oor die meeste krane pas. Elke koppeling is vas aan ’n stukkie tuinslang met ’n passtuk aan die ander kant wat jy vinnig aan ’n tuinslang kan koppel of ontkoppel.”