Die leser Leendert Lorenzen het die visstokhouer só ontwerp dat dit aan sy bakkie se voorste buffer kan vasklamp as hy ry. 

Dit word ook ingespan wanneer hy visvang om ’n beter hoek water se kant toe te kry as die lyn eers in die water is.

As hy klaar visgevang het, sit hy die stok terug in die houer en kantel die klamp heeltemal na agter om die stokke te beskerm op pad huistoe.  

Makliker kan dit nie!

Leendert het ’n 50mm-PVC-plastiekpyp aan die klamp vasgemaak met twee kabelstroppe. Dié pyp is 400mm lank. Die visstok pas met gemak daarin.