Resepte en stilering Julia van Maarseveen



Jy benodig

(genoeg vir 8)


• 125 g kersietamaties, in klein stukkies gesny

• ½ rooiui, fyngekap

• 2 jalapeñorissies, fyngekap

• ’n hand vol vars koljanderblare, fyngekap

• 8 klein pitabroodjies, oopgesny

• 1 koppie suurroom

• 1 koppie (100 g) gerasperde cheddarkaas



Só maak jy

1. Meng die kersietamatiestukkies, rooi ui, jalapeño-rissies en koljander saam in ’n klein bakkie.

2. Vul elke broodjie met suurroom, cheddarkaas en 1 eetlepel van die kersietamatiemengsel.

3. Braai die broodjies in ’n braaipan of geriffelde pan oor matige hitte. Draai dit ná 5 minute om en braai die ander kant ook vir 5 minute – dit moet mooi goudbruin wees.


WegSleep sê: Met hierdie broodjies kan jy kreatief wees en die bestanddele –  soos die kaas en rissies – volgens jou smaak aanpas.