Jy benodig

(genoeg vir 8)

• 250 g strepiespek

• 500 g witbroodmeel

• 1eetlepel bakpoeier

• 1 teelepel sout

• 4 takkies tiemie, blaartjies afgestroop

• 1 koppie bier of appelbier (cider)

Só maak jy

1. Braai die spek vir 6-8 minute op ’n warm plaat of kole tot dit goudbruin en bros is. Kap die spek dan fyn.

2. Meng die brosgebraaide spekstukkies, broodmeel, bakpoeier, sout en tiemie saam in ’n groot mengbak en voeg dan die bier of appelwyn. Bring alles bymekaar sodat dit ’n deeg vorm.

3. Knie die deeg vir 2 minute, verdeel dit in 8-10 bolletjies en druk hulle effens plat.

4. Braai die roosterkoeke oor matige kole vir 10-15 minute aan ’n kant tot hulle mooi goudbruin en gaar is.