Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • ½ rooi soetrissie
  • 4-6 ingemaakte jalapeñorissies
  • 3 koppies mieliepitte (geblik, bevrore óf vars)
  • 2 eetlepels botter
  • ½ koppie (125 g) roomkaas
  • ½ teelepel paprika 1 koppie gerasperde cheddarkaas
  • sout en swartpeper na smaak

Só maak jy

1 Kap die soetrissie en rissie en ontdooi die mielies, indien nodig.

2 Verhit die botter en roomkaas in ’n pan en meng dit tot die mengsel gesmelt het en warm is. Roer die soetrissie, jalapeñorissie, mieliepitte, paprika en ¾ van die cheddar by die roomkaasmengsel. Geur dit na smaak met sout, swartpeper en nog rissie en hou aan roer tot die kaas gesmelt is.

3 Sprinkel die res van die kaas oor, sit die deksel op en bak dit vir 20 minute oor die kole.

Weg Ry & Sleep sê Jy hoef nie noodwendig ingemaakte jalapeñorissies te gebruik nie – jy kan dit ook met vars rissies of rissiesous vervang.