Dis tans Wêreldruimteweek (4-10 Oktober), waarvan een van die hoogtepunte die jaarlikse “International Observe the Moon Night” (InOMN) is. Dit is ’n wêreldwye uitreikgebeurtenis waar observasie, waardering en begrip vir ons Maan aangemoedig word.

Dit gebeur vanjaar op Saterdagaand, 8 Oktober wanneer sterrekundeklubs regoor die land hulle teleskopeop openbare plekke opstel en die publiek uitnooi om daardeur na die Maan en ander interessante hemelliggame te kom kyk.

Suid-Afrika neem ook deel. Hier is twee geleenthede waar jy en die gesin met die maan gepla kan wees.

In Kaapstad: Die Sterrewag in Observatory, bied Saterdagaand om 8 nm. ’n gratis praatjie aan, met die titel “Fly me to the Moon”. Almal is welkom en agterna kan jy deur ’n teleskoop deur die maan kyk… mits die weer dit toelaat! Kry meer inligting hier .

In Bloemfontein: Die Naval Hill-planetarium bied ook twee vertonings aan (Vrydag, 6.30 nm. en Saterdag 5.30 nm.) Kaartjies kos vanaf R20 en is te koop by Computicket (Soek vir “naval hill”).

En nog?

Kyk op die webblad van die Sterrekundige Vereeniging van Suid-Afrika vir byeenkomste regoor die land. En as jy nuuskierig is, gaan loer hier waar die res van die wêreld bymekaarkom om die Maan te bewonder.