Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
2 huise op 1 erf in Lynnwood

Hierdie ruim en moderne eiendom in die toegemaakte Lynnwood Manor Village is naby aan die N1, Menlyn en Lynnwood Bridge. Dit is gereed vir nuwe eienaars om net in te trek en uit te pak. Boonop bied die eiendom twee pragtige wonings op ’n groot erf met ’n oorvloed ruimte en gevestigde bome.

Hierdie eiendom het genoeg plek vir twee gesinne om saam te bly.

Die eerste huis het ’n groot ingangsportaal, studeerkamer en ’n kantoor. Dan is daar ook vier slaapkamers, drie badkamers (twee en suite) sowel as ’n gastebadkamer.

Die huis het ’n lieflike sitkamer met ’n kaggel, ’n eetkamer en gesinskamer, wat alles uitvloei na ’n geplaveide onthaalarea met gasbraai.

Daar is drie slaapkamers langs mekaar, en die hoofslaapkamer is verhewe met ’n paar trappies wat na bo lei. Hier is plek vir ’n klein sitkamer. Die hoofslaapkamer het ’n pragtige moderne badkamer wat ook ekstra pakplek bied.

Die kombuis met aparte opwas­area is sentraal geleë, en daar is aparte huishulpgeriewe.

Die eet- en sitkamer vloei inmekaar.

Onthaal hier na hartelus! Eet in die eetkamer of dek ’n groot tafel onder die boom naby die swembad of gebruik die nuwe onthaalarea by die swembad – daar is plek vir ’n magdom gaste. ’n Trampolien is by die swembad­area van waar ’n mens maklik ’n ogie oor die kinders kan hou.

Die onthaalarea kan met seile toegemaak word aan die kante sodat dit in alle seisoene bruikbaar is. Daar is ook ’n sauna.

Die tweede huis op die eiendom bestaan uit ’n ingangslokaal, ’n lieflike groot oopplankombuis met aparte opwasarea wat oopmaak na ’n lieflike groot sit-eetkamer en ’n aparte gesinskamer met ’n kaggel wat sorg vir gesellige informele kuiertjies.

Daar is drie slaapkamers en twee badkamers (een en suite by die hoofslaapkamer).

Die groot kombuis.
Die oopplanleefarea is baie gesellig.

Die huis het ook ’n onderdak­patio van waar die lieflike tuin in die agterkant van die huisie sigbaar is. ’n Tweede “sonhoekie” is heerlik warm en privaat weg van hoofhuis af.

Albei huise is in perfekte toestand en kan dadelik bewoon word en is pragtig ontwerp.

Die huise bied dubbelmotorhuise met direkte toegang, en die hoofhuis het ’n bykomende afdak vir ’n boot en sleepwa. Daar is ’n lieflike tuin met pragtige groot bome en privaatheid

Hierdie eiendom is ideaal vir twee gesinne. Of bewoon die een huis en verhuur die ander een teen ’n goeie prys.

Een van die ruim slaapkamers.
Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.