Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
As eienaars nie wil betaal . . .

Wat is ’n regspersoon in ’n deeltitelskema se reg om op te tree teen eienaars wat versuim om hul heffings en ander bydraes verskuldig aan die regspersoon te betaal?

Dit is belangrik dat regspersone spoedig en binne die wet optree wanneer bydraes en kostes van die lede verhaal word. Foto: iSTOCK

Die voorgestelde bestuursreël 25 soos vervat in die Deeltitelskemabestuursregulasies van 2016 tot die Deeltitelskemabestuurswet (Wet 8 van 2011, die “Wet”) handel oor bydraes en kostes met betrekking tot lede in deeltitelskemas.

Die regspersoon moet so gou moontlik, maar nie later as 14 dae nie, ná aanvaarding van die begroting deur ’n algemene vergadering skriftelike kennis gee aan die lede van die bydraes en kostes wat betaalbaar is deur die lede (voorgestelde reël 25). Die gemelde reël bepaal die vereistes van die inhoud van die kennisgewing.

Reël 25(2) bepaal dat indien enige gelde wat verskuldig is nie betaal is op die datum soos gespesifiseer nie, is die regspersoon verplig om ’n finale kennisgewing, soos voorgeskryf in die reël, aan die lid te stuur.

Reël 25(4) bepaal dat ’n lid aanspreeklik is vir die betaling van alle redelike regskostes en uitgawes, soos getakseer of ooreengekom met die lid, aangegaan deur die regspersoon vir die invordering van agterstallige bydraes of ander agterstallige bedrae verskuldig deur die lid aan die regspersoon. Dit is ook in gevalle waar die regspersoon kostes aangegaan het om enige bepalings in die bestuursreëls, gedrags­reëls of die Wet af te dwing.

Die regspersoon is nie geregtig om enige lid se rekening te debiteer met enige ander bedrag as die bydrae of kostes soos bepaal in die Wet of reëls nie. Die lid kan egter sy/haar toestemming gee of dit kan gemagtig word deur ’n hofbevel of bevel van ’n regter, beregter (adjudicator) of arbiter (voorgestelde bestuursreël 25(5)).

In die praktyk sal ’n regspersoon graag alle regskostes wat aangegaan is vir die invordering van agterstallige bydraes van ’n lid wou verhaal.

Indien die lid egter weier of versuim om al die regskostes te betaal, is die regspersoon verplig om die regskostes te takseer voordat dit regtens van die lid verhaal kan word.

’n Regspersoon is dus sonder meer nie geregtig om die volle faktuur vir regsdienste gelewer deur hulle prokureur by die lid se rekening te voeg nie.

Reël 21(3)(c) van die voorgestelde bestuursreëls bepaal dat die regspersoon gemagtig is, deur ’n skriftelike trustee-besluit, om rente te hef op enige uitstaande bedrag verskuldig deur ’n lid aan die regspersoon op voorwaarde dat die maksimum koers van die rente nie die voorgeskrewe maksimum koers betaalbaar per jaar ingevolge die Nasionale Kredietwet (Wet 34 van 2005) oorskry nie, terugwerkend maandeliks saamgestel.

Die rente gehef op agterstallige skuld mag dus nie die uitstaande kapitale bedrag oorskry nie.

Dit is belangrik om daarop te let dat die in duplum-reël van toepassing is by enige rente wat deur die regspersoon gehef word op agterstallige skuld. Letterlik beteken dié begrip “dubbel die bedrag”.

Kortliks maak hierdie reël daarvoor voorsiening dat rente op uitstaande skuld sal ophou loop in gevalle waar die totale bedrag van rente wat opgeloop het gelyk is aan die uitstaande kapitaal wat verskuldig is.

Die in duplum-reël is afkomstig uit ons gemenereg en is vir baie jare al deel van die Suid-Afrikaanse reg.

Die rente gehef op agterstallige skuld mag dus nie die uitstaande kapitale bedrag oorskry nie.

Lede van ’n regspersoon wat versuim of weier om heffings te betaal, kan ’n regspersoon in finansiële knyp plaas.

Dit is belangrik dat regspersone spoedig en binne die wet optree wanneer bydraes en kostes van die lede verhaal word.

Meer oor:  Ferdi Verryn  |  Eiendomme  |  Huisgids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.