Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Belê in kommersiële eiendom

Eiendom is nog altyd as ’n goeie belegging beskou omdat pryse altyd herstel, ten spyte van veranderings in die mark of nuwe tendense. Wanneer jy die eerste keer in kommersiële eiendom belê is daar ’n paar faktore waarvan jy bewus moet wees voor jy ’n finale besluit neem. Voor jy begin is dit egter ’n goeie idee om na die marktendense te kyk en geduldig te wag vir die regte eiendom wanneer dit beskikbaar raak. Dit sal in die langtermyn die moeite werd wees. Rawson Commercial gee ’n paar wenke:

Om te begin

Belegging in kommersiële eiendom is tradisioneel beskou as gefokus op organisasies as beleggers. Privaat beleggers begin egter ook nou die geleentheid sien om in kommersiële eiendom te belê, nie noodwendig as individuele kopers nie, maar in koöperasies of groepe.

Deeglike navorsing en raad van ’n kenner is nodig voordat jy in kommersiële eiendom belê. Foto: iStock

Jy moet eers besluit watter soort eiendom jy wil besit. Kommersiële eiendomme wat goed gekies word kan hoër opbrengste bied as residensiële eiendomme, tussen 6% en 12% in vergelyking met 1% tot 4% groei in residensiële eiendomme.

Die risiko vir inkomste is geneig om laer te wees in kommersiële eiendom en die verhurings is gewoonlik ook langer wat help om kontantvloei te stabiliseer. Om deeglike navorsing te doen en te bepaal watter voordele die eiendom het en die kommersiële potensiaal daarvan te evalueer is ’n baie goeie plek om te begin.

Evalueer geskiktheid

Konsulteer met die stadsraad om seker te maak dat daar geen groot verrassings op jou wag nadat jy gekoop het nie.

Vra belangrike vrae soos die volgende: Hoe lyk die verkeer in die area? Gaan dit vir personeel moeilik wees om by die perseel te kom? Is daar genoeg openbare vervoer na die area vir personeel om te gebruik? Is die area veilig vir kliënte en werknemers om na te reis? Is daar genoeg parkering? Sal die maatskappy geraas, besoedeling of verkeersprobleme veroorsaak waaroor ander ondernemings in die area dalk kan kla? Is daar voldoende voetverkeer vir jou toekomstige huurders, indien hul sukses daarvan afhang? Vir jou belegging om suksesvol te wees, moet dit aan die behoeftes van die soort huurders voldoen wat jy hoop om te lok.

Verder moet jy ook uitvind oor enige omgewingsprobleme – soos lugbesoedeling en of die area dalk ’n bewaringsgebied is vir sekere diere of plante. Vra jouself af of dit jou onderneming negatief kan beïnvloed.

Wees bewus van die risiko

Wanneer jy in kommersiële eiendom belê, is dit goed om al die moontlike risiko’s te evalueer.

Net een huurder kan byvoorbeeld beteken dat jy ’n paar maande sonder ’n inkomste sit terwyl jy steeds uitgawes het soos die paaiement en munisipale rekeninge as die huurder besluit om nie die kontrak te hernu nie.

Verskeie huurders wat verskillende ondernemings bestuur sal beteken dat slegs een of twee eenhede op ’n slag sal leeg wees. Dit sal ook slim wees om ’n reserwe te hê vir ingeval daar eenhede leeg staan of daar instandhouding is wat gedoen moet word. Dit sal verseker dat finansies nie ’n probleem raak as daar dalk onvoorsiene uitgawes nie. Gediversifiseerde beleggings sal beteken dat jy die meeste omstandighede sal oorleef.

Alhoewel baie mense bekommerd is oor beleggings in in­dustriële eiendomme, is dit verseker nie onoorkombare probleme nie.

Met die hulp van ’n betroubare kommersiële eiendomskundige wat jou in die soektog kan help, sal die reis opwindend en lonend wees.

  • Rawson Commercial by 021 658 7100 vir meer inligting.
Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.