Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Egskeiding en hereregte

Die dood en belastings. Onaangename onderwerpe, maar onderwerpe wat nie geïgnoreer kan word nie. Egskeidings en belastings is verdere onderwerpe wat ook ’n rol in ons lewens kan speel.

’n Egskeiding en die betaal van hereregte kan ’n ingewikkelde situasie word. Foto: iSTOCK

Hereregte is ’n belasting wat betaalbaar is aan die staat by die aankoop van ’n vaste eiendom in Suid-Afrika. Hereregte word bereken op die waarde van ’n eiendom wat deur ’n persoon of ’n regsentiteit bekom word.

Hereregte word deur die Wet op Hereregte (Wet 40 van 1949, soos gewysig) gereguleer.

Die doel van die Hereregtewet is om inkomste vir die staatskas te bekom uit transaksies waar vaste eiendomme betrokke is. Hereregte is betaalbaar aan die Suid- Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die SAID sien eiendom vir doeleindes van hereregte as:

  • grond;
  • enige aanhegting of “fixture” daaraan geheg;
  • ’n saaklike reg op grond;
  • enige reg op minerale,
  • ’n aandeel of belang in ’n “residensiële eiendomsmaatskappy”; of
  • ’n aandeel in ’n aandeleblokskema.

Art. 9 van die Wet op Hereregte maak voorsiening vir sekere uitsluitings waar hereregte nie betaalbaar is nie.

Hier volg ’n lys van ’n paar van hierdie uitsluitings:

  • Owerheidsliggame;
  • Godsdienstige, liefdadigheids- of opvoedkundige instellings;
  • Openbare hospitale;
  • Erfgename of legatarisse;
  • ’n Langslewende eggenoot;
  • Foute by registrasie;
  • Nietige transaksies;
  • Indien belasting op toegevoegde waarde (BTW) betaalbaar is op die transaksie; ens.

Art. 9(1)(i) van die wet bepaal dat geen hereregte betaalbaar is ten opsigte van die verkryging van ’n eiendom deur “ ’n langslewende of geskeide eggenoot wat alleen-eiendomsreg verkry op die geheel of ’n gedeelte van eiendom wat op die naam van sy of haar oorlede of geskeide eggenoot geregistreer staan waar daardie eiendom of gedeelte aan daardie langslewende of geskeide eggenoot oorgedra word weens die dood van sy of haar gade of die ontbinding van hul huwelik of eenheid”.

Dit beteken dat ingevolge die Wet op Hereregte geen hereregte betaalbaar is wanneer ’n eiendom, of gedeelte daarvan, toegeken word aan ’n eggenoot ingevolge ’n egskeidingsbevel van die hof.

Hierdie vrystelling is op alle bedelings van huwelike of eenheid van toepassing. Dit beteken dat huwelike gesluit binne of buite gemeenskap van goedere ingesluit is.

Dit sluit ook in verhoudings tussen dieselfde geslag en heteroseksuele verhoudings waar die SAID tevrede is dat gemelde verhoudings permanent van aard is.

’n Boete van 10% per jaar is betaalbaar op die bedrag van onbetaalde hereregte ná die sesmaande-tydperk.

In die geval waar partye wat skei ’n skikking bereik en hierdie skikking (skriftelik) bepaal dat een van die partye ’n eiendom bekom by die egskeiding en hierdie skikking word ’n bevel van die hof gemaak, sal die transaksie van die betaling van hereregte vrygestel wees.

Indien ’n eiendom egter in die naam van ’n maatskappy, beslote korporasie of trust geregistreer is en die eiendom word ingevolge ’n skikkingsooreenkoms aan een van die eggenote oorgedra, is hereregte wel betaalbaar.

Dit is belangrik om daarop te let dat hereregte binne ses maande vanaf die datum van verkryging van die eiendom betaal moet word.

’n Boete van 10% per jaar is betaalbaar op die bedrag van onbetaalde hereregte ná die sesmaande-tydperk.

Die SAID beskou die datum van verkryging van die eiendom as die datum van die egskeidingsbevel. Hereregte is dus betaalbaar binne ses maande van die egskeidingsbevel.

’n Egskeiding is op die beste van tye nie ’n aangename ervaring nie.

Dit is egter noodsaaklik dat alle moontlik implikasies van die egskeiding in ag geneem word.

Meer oor:  Ferdi Verryn  |  Eiendomme  |  Huisgids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.