Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Huis in stil deel van Faerie Glen

Hierdie groot huis is in ’n stil hoekie van Faerie Glen geleë. Die huis het ’n ingangsportaal wat na die eet- en leefareas lei.

Hierdie huis in Faerie Glen is groot genoeg vir ’n uitgebreide gesin.

Die kombuis het granietwerkoppervlakke en ’n aparte opwas­area vir toebehore.

Af met die gang is daar drie slaapkamers. Die hoofslaapkamer is en suite en die tweede en derde slaapkamers deel ’n badkamer (die toilet is apart).

Bo die motorhuis is ’n groot vermaakarea wat ook gebruik kan word as kantoorruimte as jy dalk van die huis af werk.

Die gasteslaapkamer is ook op dié vlak.

Verder is daar ’n onderdakstoep met ingeboude braaiarea aan die agterkant van die huis naby die groot swembad. Die tuin is absoluut pragtig en maklik om in stand te hou. Daar is baie clivias en aalwyne wat kleur sal bring in die koue wintermaande.

Boonop is daar ook ’n woonstel op die eiendom met sy eie hek, voordeur, sitkamer, kombuis, slaapkamer en badkamer. Daar is ’n bestaande huurder in die woonstel, wat vir R5 500 per maand verhuur word. Daar is ook aparte kwartiere vir ’n huishulp.

Die huis het veselinternet wat reeds geïnstalleer is.

Kontak die agente om ’n private besigtiging te reël.

Die tuin is netjies en goed onderhou.
Die groot swembad.
Die binnekant spog met interessante teksture.
Die kombuis.

Meer oor:  Faerie Glen  |  Eiendomme  |  Huisgids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.