Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Maak jou eie eko-tafelloper

Studente van Stellenbosch se Private Hotel School het ’n anderse Kerstafel geskep wat ook om­gewingsvriendelik is. Dit is maklik om hulle dit na te doen, en boonop lyk dit feestelik en treffend!

Dek ’n feestelike tafel deur kleurvolle vrugte in te span as tafelversierings.

Dink ’n bietjie wyer, maar hou ook huidige tendense in gedagte.

Natuurlike tafellopers as die fokuspunt op die tafel is iets wat tans baie in die mode is. Gebruik blomme, groen takke en selfs groente of vrugte om ’n baie natuurlike gevoel aan die tafel te gee – boonop is dit baie omgewingsvriendelik.

Die dekor op die tafel kan selfs deel vorm van die spyskaart en skep ’n speelse interaksie vir die gaste wat by die tafel gaan aansit.

Probeer gerus hierdie feestelike piekniektafel met die fokus op volhoubaarheid en minimale vermorsing, en gebruik wat jy beskikbaar het om ’n pragtige tafel vir ’n Kersmiddag- of -aandete te dek.

Dit is wat jy gaan nodig hê:

  • ’n Rol bruinpapier wat jy in die middel van die tafel gaan gebruik (as ’n tafelloper);
  • Hout-eetgerei;
  • Kleurvolle lint of tou wat jy byderhand het;
  • Bio-afbreekbare servette;
  • Groen takkies uit jou tuin of van ’n blommewinkel of kwekery;
  • Vrugte wat jy ook gaan voorsit (veral as jy ’n kaas-en-kouevleis-bord gaan voorsit);
  • ’n Permanente viltpen; en
  • Herwinde glasware of papierkoppies wat jy ook kan herwin.

Begin deur die bruinpapier in die middel van die tafel te plaas as ’n loper. Plaas die blare op die tafel en rangskik die vrugte en groente tussenin – hou in gedagte dat jy ’n verskeidenheid van vrugte oor die lengte van die tafel wil versprei. Voeg kase, konfyt en kouevleise op die tafel – nou is dit sommer gereed vir jou eerste gang.

Hou herwinning en volhoubaarheid in gedagte wanneer jy dié Kersfees tafel dek.
Klink ’n glasie op die feesgety én op minimale vermorsing.

Om die eetgerei mooi te maak, bind die mes en vurk saam met ’n stukkie tou of lint en voeg ook ’n takkie roosmaryn by – dit lyk mooi en help boonop om goggas weg te hou as jy jou tafel buite dek.

Om die tafel nog persoonliker te maak, moenie plekname laat druk nie, maar skryf eerder die name van jou gaste op die bruinpapier.

Jy kan ook verder kreatief wees en die name van die items op die tafel (soos die konfyt en kase) ook op die bruinpapier skryf.

En daar het jy dit: ’n feestelike, prettige tafel wat nie baie tyd of geld kos nie.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Dekor  |  Kersfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.