Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
’n Luukse waterfront-aftrede

Net ses weke ná die langverwagte openbare bekendstelling van die Waterkloof Marina, die luukse aftreeoord in Waterkloofrif in Pretoria, is 250 eenhede reeds verkoop. Hierdie ongekende belangstelling vanaf sowel kopers as beleggers het die ontwikkelaar, Central Developments, genoop om die tweede fase gouer as aanvanklik beplan, aan die publiek beskikbaar te stel.

Die Lakeview-boustyl van huise in die tweede fase van die Waterkloof Marina-ontwikkeling.

Die Waterkloof Marina word om ’n natuurlike dam van bykans ses hektaar ontwikkel en is die eerste waterfront-aftreelandgoed in Gauteng. Dié pragtige watermassa bied aan inwoners die geleentheid om ’n unieke waterfront-aftreeleefstyl te geniet, wat onder meer insluit hengel vir grootbekbaars en karp, voëlkyk, oopwater-swem, roei en luilekker pieknieks met kinders en kleinkinders op die uitgestrekte grasperke.

Die nuwe fase wat nou beskikbaar word, bied huise wat langs die dam en staproete geleë is, asook huise op die krans met pragtige uitsigte oor die hele landgoed en Pretoria.

Hierdie eenhede sluit huise met twee slaapkamers en een badkamer in, sowel as huise met drie slaapkamers, ’n studeerkamer, twee patio’s, ’n stoorkamer en drie motorhuise.

Die Waterkloof Marina-aftreelandgoed bied nie net vir afgetredenes ’n geleentheid vir ’n gesonde, aktiewe leefstyl nie, maar ook gemoedsrus by wyse van ’n moderne, 24-uur-verswaktesorgfasiliteit waarvandaan omvattende tuisversorging en 24-uur-nooddienste voorsien word, indien nodig.

’n Pragtige leefstylsentrum wat ’n ontspanningsaal, haar- en skoonheidsalon, biblioteek, mini-gimnasium, verhitte swembad, waterkant-restaurant asook ’n teetuin insluit, bied inwoners ’n gulde geleentheid om ’n aktiewe sosiale lewe te geniet.

’n Oopplan-kombuis met afwerkings van goeie gehalte.

Beleggers is dit eens dat die oënskynlik onversadigbare vraag na aftree-eiendomme met volle eienaarskap en sorgfasiliteite wat reeds van die eerste fase af beskikbaar is, aanleiding gee tot kapitaalgroei en huurinkomste ver bo die gemiddeld van die res van die residensiële eiendomsmark.

Daar is tans nog net ’n paar woonstelle en huise in fase een (okkupasie vanaf Maart 2020) oor wat nog teen die intreepryse van R1 248 000 vir ’n woonstel en R2 200 000 vir ’n huis verkoop.

Kom kyk gerus daagliks tussen 09:00 en 18:00 na die skou-eenhede, en kies die perfekte huis of woonstel vir u leefstyl. Skakel 0861 36 46 16 vir ’n afspraak of besoek www.retirenow.co.za.

’n Oopplan-leefarea.
Só lyk die lekker ruim studeerkamer.
Geniet groot gesinsetes op die stoep wat uitkyk oor die dam.
Klink ’n glasie by Waterkloof Marina.

Meer oor:  Pretoria  |  Eiendomme  |  Waterfront-Aftrede  |  Huisgids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.