Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Onthaal en kuier na hartelus
Die slaapkamers is lekker ruim.
Een van die badkamers.

Indien onthaal jou passie is, is hierdie eiendom in Olympus, Pretoria, perfek vir jou.

Hierdie huis in Olympus is ’n onthaler se droom.

Die oopplankombuis met ’n aparte opwasarea (met spasie vir drie masjiene) is op die onderste vlak en bied gerieflike vloei na ’n groot eetkamer en leefarea met genoeg ruimte vir ’n groot gesin of gaste.

Die uitsig op een van die damme in Boardwalk Meander vanaf die stoep sal jou asem wegslaan.

Daar is ’n toegeboude stoep met ’n ingeboude braai waar ’n mens ongeag die weer heerlik kan kuier.

Die eiendom bied drie slaapkamers en ’n addisionele leefarea op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer met sy eie badkamer en instapkaste is privaat met ’n pragtige uitsig. Die ander twee ruim slaapkamers deel ’n badkamer.

Die eiendom het ’n dubbelmotorhuis sowel as ’n aparte huishulpkamer.

Cormallen Hill Estate is een van die gewildste landgoedere in die ooste van Pretoria en beskik oor uitstekende sekuriteit wat 24 uur beheerde toegang insluit.

Die landgoed is naby gewilde winkelsentrums, private en staatskole sowel as hospitale en mediese fasiliteite.

Die eetkamer en oopplankombuis.
Hierdie gesellige kuierarea is buite op die stoep.
Die gerieflike woonkamer.

Meer oor:  Pretoria  |  Eiendomme  |  Huisgids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.