Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Ruimte en veiligheid in een

Die eiendom is geleë in ’n stil, maar tog veilige landgoed in Olympus in die ooste van Pretoria, en bied ruim vertrekke en wonderlike onthaalgeleenthede.

Hierdie huis in Olympus spog met ’n gevoel van ruimte.

Met die intrapslag word ’n mens verwelkom deur ’n oopplan-leefarea, kombuis en eetkamer. Die hele huis het hoë plafonne, wat ’n gevoel van ruimte skep. Die eetkamer het ondervloerverhitting en skuifdeure wat na die tuin lei. Die leefarea het groot vensters en skuifdeure aan weerskante wat na die agterste tuin en stoep lei.

Die kombuis bied oneindige geleenthede met baie toonbankspasie en kaste, ’n instap-spens met outomatiese ligte en ’n groot opwaskamer waarin twee elektriese toestelle kan pas. Die leefareas word bedien met ’n gastebadkamer.

Op die eerste vloer is drie groot slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n volledige en suite-badkamer, genoeg ingeboude kaste en ’n privaat balkon wat uitkyk oor die swembad en tuin. Die tweede slaapkamer het ook ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het ’n toegeboude balkon en word bedien deur ’n volledige badkamer net om die draai. Die slaapkamers het ook ’n gesellige “pajama-sitkamer” om te deel.

Die huis het ook uitstekende sekerheid.
Die netjiese kombuis.
Die groot oopplan- leefarea.

Die motorhuis het ekstra lengte aan die een kant, perfek vir ’n groter voertuig of vir addisionele stoorplek. Daar is ook ’n waterpunt vir ’n wasmasjien.

Die huis is ook kragopwekker-gereed met die skakelaar in die motorhuis.

Die swembad het ’n verhittingspomp.

Dan is daar boonop ’n huishulpkamer.

Moenie hierdie geleentheid met uitstekende sekerheid misloop nie. Skakel vandag nog om ’n privaat besigtiging te reël!

Meer oor:  Pretoria  |  Olympus  |  Eiendomme  |  Huisgids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.