Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Sentrale ligging, talle opsies

Hierdie goed onderhoude en stylvol opgegradeerde eiendom het ’n baie sentrale adres in Kleinestraat, ’n stil doodloopstraat op die grens van Waterkloof en New Muckleneuk en binne 300 m stapafstand van die Laerskool Anton van Wouw. Verder is die Universiteit van Pretoria, Affies, Groenkloof, die ZA-hospitaal en verskeie N1-wisselaars alles binne vyf tot agt minute se maklike ryafstand van hier af! Die Gautrein en ander busstasies is boonop binne drie tot vyf minute se stapafstand van hierdie eiendom af.

Hierdie huis in New Muckleneuk kan vir verskeie doeleindes gebruik word.

Dit is ideaal vir ’n familiewoning, maar ook perfek vir woon en werk/kantoor met die bestaande uitleg waar die hoofhuis met gemak in twee aparte en selfonderhoudende dele verdeel kan word. ’n Mens maak net bloot ’n middeldeur toe.

Vir suiwer gebruik as ’n gesellige familiewoning wat pragtige houtvloere het, bestaan die huis uit ’n oopplan­sitkamer plus eetkamer gerieflik naby die gemoderniseerde kombuis, wat met granietwerkoppervlakke en sowel gas- as elektriese toebehore toegerus is.

Daar is ook ’n instapspens en aparte area vir jou wasmasjien en ander toebehore.

Die huis het vier slaapkamers met ingeboude kaste en twee stylvol opgegradeerde badkamers. Die oopplangesinskamer het ook ’n granietafgewerkte kombuisie – ideaal vir lekker onthaal en uitleef na die buite kuier- en braaiarea by die swembad.

As groot bonus is daar ’n private, ruim en volledig toegeruste tuin-ateljee met groot kuierarea, mooi kombuis en badkamer (met ’n stort) plus sy eie onthaalarea buite.

Daar is skadunetafdakke vir vier voertuie en die algehele veiligheid is baie goed, terwyl die hele eiendom ommuur is.

Die lekker ruim kombuis.

As ’n bly-en-werk/kantoor-eiendom is dit uiters goed geleë en omring deur spesifiek talle mediese, finansiële en regsverwante kantoorhuise.

Die bestaande geboue kan ook prakties en maklik in twee of drie komponente sonder enige koste verdeel word, wat dit een van die veelsydigste en koste-effektiewe eiendomme met ’n uiters gesogte adres en ligging maak.

Daar is volop veilige addisionele parkering op die terrein.

Die eiendom is weens sy uiters sentrale ligging ook binne stapafstand van die Brooklyn-winkelsentrum, en is verder ideaal vir ’n koop-om-te-verhuur-eiendom en kan byvoorbeeld drie jong egpare heeltemal privaat, elk met hul eie fasiliteite, met gemak huisves.

Een van die badkamers.
Die ruim leefarea het ingeboude boekrakke.
Daar is ingeboude boekrakke in van die kamers.
Een van die slaapkamers.


Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.