Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Southdowns bied jou alles

Die gesogte Southdowns-landgoed is in die hartjie van Irene naby die N1-snelweg geleë.

Michelle Nieuwoudt, ’n agent van Seeff Centurion, sê hoewel Southdowns ver genoeg van die stad se gewoel is en ’n rustige leefstyl bied, is dit steeds naby genoeg aan belangrike aktiwiteite, geriewe en werkplekke.

“Southdowns is minder as 3 km van die Centurion-Gautrein-stasie en is gewild by ’n wye verskeidenheid van mense.

“Die landgoed vind veral aanklank onder professionele mense wat van die plaaslewe hou, maar steeds om verskeie redes naby die stad moet wees.”

Nieuwoudt sê jong professionele mense en gegradueerdes wat binnekort met ’n gesin wil begin, maak ’n groot deel van die onlangse kopers in dié landgoed uit.

Hierdie vyfslaapkamerhuis in Southdowns is vir R12 miljoen in die mark.Foto’s: Seeff

“Die landgoed is besonder gewild by diegene met kinders of wat kinders beplan vanweë die hoëgehalte-skole op die landgoed en ook omdat Southdowns ’n veilige en vriendelike omgewing bied om ’n gesin te vestig en kinders in groot te maak.

“Die verskillende soorte eiendomme hier vind ook aanklank by mense in verskillende lewensfases – van deeltiteleenhede (Paddocks en Lofts) vir enkellopendes en paartjies wat nie kinders het nie tot kleiner gesinshuise vir jong gesinne, en groter huise vir meer gevestigde gesinne.”

Nieuwoudt voeg by dat eiendomspryse in Southdowns by sowat R2 990 000 vir deeltiteleenhede van ongeveer 226 m² in Lofts en Paddocks begin. Gesinshuise met twee of drie slaapkamers van ongeveer 622 m² groot kos van R4 150 000 tot R4 450 000 is. Groot losstaande gesinshuise beloop tussen R5,5 miljoen tot R13 miljoen en meer.

“Om eiendom in Southdowns te huur is ook baie gewild vanweë die landgoed se uitstekende ligging. Baie mense wat hier huur, is ouers van kinders wat enige van die gesogte skole in die landgoed bywoon.

“Om in die landgoed te woon as jou kind of kinders hier skoolgaan is ’n groot bonus omdat kinders na hul skole op die landgoed kan stap en werkende ouers dus nie ’n au pair of vervoer vir hulle hoef te reël nie. Dit bespaar natuurlik geld en tyd.

“Die skool, weiveld, Irene Dairy Farm en die Irene Country Club is slegs ’n klipgooi ver. Daar word aan inwoners wat stap of op gholfkarretjies of fietse ry regstreeks toegang gebied deur middel van ’n vingerafdrukstelsel.

Hierdie vierslaapkamerhuis in Southdowns is vir R13 miljoen in die mark.

“Sosiale lidmaatskap van die Irene Country Club vir die hele gesin word ook by Southdowns se tariefheffing ingesluit.”

Volgens Nieuwoudt is Southdowns ook ’n omgewingsvolhoubare landgoed.

“Hoewel die landgoed esteties aantreklik is, word Irene se karakter steeds behou. Ekologies diverse stelsels word geskep en in stand gehou deur onder meer natuurlike areas te bewaar en inheemse bome, struike en ander plante te plant.”

  • Vir meer inligting besoek www.-seeff.com.
Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.