Hierdie spoggerige, moderne woonhuis met vier slaapkamers en vier badkamers in Silverwoods Country Estate is in die hartjie van Hazeldean geleë.

Hierdie groot huis in Silverwoods Country Estate is naby verskeie geriewe.
Netwerk24
Die landgoed is gerig op optimale sekuriteit. Dis die ideale landgoed om in te woon met weelderige huise en alle geriewe net ’n klipgooi ver.
Die dubbelverdieping-woonhuis is hipermodern, die erf is lowergroen en daar is ’n veilige swembad en maklik hanteerbare tuin.
Die onderste vloer het ’n oopplan-uitleg wat deurvloei vanaf die ingangsportaal na die eetkamer, formele sitkamer, TV-kamer en onthaalarea met ingeboude braai.
Die kombuis is onthaal-vriendelik en toeganklik om jou familie en gaste te bedien. Die beste toerusting (gas en elektrisiteit) is in die kombuis en daar is ook ’n ingeboude spens met ’n aparte opwasarea.
Die hoofslaapkamer het instapkaste met oorgenoeg pakplek vir al jou persoonlike items. Die badkamer is en suite met dubbele wasbakke, ’n bad en stort. Die gastebadkamer is op die grondvloer en gerieflik vir gaste om te gebruik.
Die tweede slaapkamer/studeerkamer is op die onderste vloer.
Die trappe na bo is silwer met ’n baie hoë venster soos wat jy na bo stap en word saans verlig.
Albei die kamers bo is toegerus met ’n badkamer (stort, wasbak, toilet). Die kamers is heerlik belig en toegerus met pragtige ingeboude ligtehoutkaste. Albei kamers het ’n uitsig op die sprankelende blou swembad.
Die hele huis is uitgelê met elegante groot wit teëls, waarby enige dekor en kleurskema sal pas.

Die netjiese kombuis.
Daar is DStv-kragpunte in al die vertrekke en veselinternet is beskikbaar.
Die dubbelmotorhuis het ’n afstandbeheerder en elektriese motor. Langsaan is ook ’n toe motorhuis wat gebruik kan word vir ’n sleepwaentjie of ’n ekstra klein motor. In die motorhuis is ook baie netjiese pakplek ingerig. Daar is huiswerker-geriewe met ’n badkamer.
Die huis word omring deur dieselfde standaard van wonings. Die landgoed bied skoon strate en veilige tuine waar kinders kan speel.
Silverwoods Country Estate is sentraal geleë en daar is baie geriewe in die omgewing, insluitende die Hazeldean-winkelsentrum, ’n Engen-vulstasie, Virgin Active, Intercare Silver Lakes, die Silver Lakes-gholfbaan en verskeie skole en restaurante. Die landgoed het ook maklike toegang tot snelweë.

Die groot leefarea.

Die eetkamer.

Die kuier-en-onthaalarea.

Die groot vensters laat baie natuurlike lig in.