Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Veiligheid by jou huis vir feestyd
Beskerm jou huis teen inbrekers deur sekere stappe te doen voordat jy met vakansie vertrek.Foto: iSTOCK

Dit is weer hierdie tyd van die jaar waar miljoene Suid-Afrikaners binnekort na verskillende vakansiebestemmings oor die land heen en in die buiteland gaan vertrek.

Terwyl die feestyd veronderstel is om ’n gelukkige en sorgelose blaaskans te bied, is daar wenke wat jy in gedagte moet hou voordat jy jou huis verlaat om te verseker dat daar nie in jou afwesigheid ingebreek word nie, sê Steve van Wyk, Seeff se besturende direkteur in Centurion.

Van Wyk verskaf die volgende wenke:

  • Kry waar moontlik iemand om in jou huis te woon terwyl jy met vakansie is. As dit nie moontlik is nie, skep die illusie dat iemand tuis is. Vra ’n buurman om bedags die gordyne oop te trek en dit in die aand weer toe te trek.
  • Twee tekens wat daarop dui dat niemand tuis is nie is buiteligte wat bedags aangeskakel bly en ’n opeenhoping van pos en koerante op die grasperk of in die posbus. As misdadigers hierdie tekens sien, kan jou huis maklik ’n sagte teiken vir ’n inbraak word.
  • Vra ’n buurman om pos en koerante te verwyder terwyl jy weg is en stel ’n tydskakelaar (om die buiteligte saans aan te skakel en soggens weer af te skakel. Stel die tydskakelaarook so dat die ligte nie almal saans op dieselfde tyd aangaan en soggens weer op dieselfde tyd afskakel nie, aangesien dit verdag kan voorkom vir iemand wat jou huis dalk kan dophou.
  • As jy vir langer as twee weke weg is, reël dat iemand die gras kom sny.
  • Maak jou stopkraan toe, want ’n pyp kan moontlik bars terwyl jy weg is.
  • Moenie jou motor vir die vakansie laai waar ander mense dit kan sien nie. Trek jou motor in die motorhuis en laai jou bagasie agter geslote deure in eerder as wat jy die indruk skep dat jy van plan is om vir ’n lang tydperk weg te gaan.
  • As jy ’n lid is van ’n sekuriteitsfirma, vra dat hulle jou huis oor die vakansie meer gereeld patrolleer. As jy nie aan ’n sekuriteitsfirma behoort nie, kan jy die indruk skep dat jy wel ’n lid is deur nagemaakte kameras op die perseel te “installeer”.
  • Vra jou bure om jou huis in jou afwesigheid fyn dop te hou en om dadelik enige vreemde bedrywighede aan te meld.
  • Wees versigtig vir wie jy vertel dat jy met vakansie gaan en moet dit eerder ook nie op sosiale media deel nie. Indien jy wel besluit om dit te deel, maak seker dat jou privaatheid só gestel is dat net jou vriende (en nie die publiek nie) jou profiel kan sien.
  • Sluit waardevolle items en juwele in ’n kluis toe of los dit by iemand wat jy vertrou.
  • Moenie enige spaarsleutels vir jou huis laat rondlê nie, maar as jy ’n sleutel moet agterlaat, los dit by die bure.
Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.