Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Vergewis jou van dié raamwerk

In verlede week se Eiendomspraatjieshet ons begin gesels oor die sonering van eiendom en wat dit behels. Vandeesweek gaan ons verder met dié bespreking.

As jy van die huis af ’n sakeonderneming bedryf, is daar sekere reëls waaraan jy moet voldoen. Illustrasie: iSTOCK

Afhangend van die sonering volgens die streeksontwikkelingsraamwerk (RSDF), kan sekere residensiële eiendomme ook ná hersonering gebruik word vir onder meer kantore of sake­ondernemings. Indien jy een van die gelukkige eienaars is wat ’n eiendom naby of langs een van die hoofroetes besit (waar die digtheid van wooneenhede volgens die nuwe RSDF verhoog is), kan jy dalk ’n hoër verkoopsprys verwag vir jou eiendom vanweë die ontwikkelingspotensiaal.

Daar moet ook in gedagte gehou word dat ontwikkelaars wat na gebiede met ’n hoër digtheid kyk, nie noodwendig buiten­sporig hoë pryse gaan betaal net omdat jou eiendom in so ’n area val nie.

Jy kan miskien dink jy sit op ’n goudmyn, maar hou in gedagte dat ontwikkelaars groot uitgawes aangaan voordat met bouwerk begin kan word en nog meer voordat verkope kan plaasvind.

Behalwe die aankoopprys van so ’n eiendom vir ontwikkeling, is geld betaalbaar aan die professionele span, wat gewoonlik bestaan uit ’n argitek, ’n stads­beplanner, ’n bourekenaar, ’n landmeter en ’n projekbestuurder. Hierby kom onder meer nog uitgawes vir die aansoekgeld, grootmaatdienstebydrae, bouwerk, finansiering en bemarkingskoste, om maar net ’n paar te noem.

Sonering hou ook ander gevolge vir die huiseienaar in, veral indien ander aktiwiteite op die eiendom bedryf word as waarvoor dit aanvanklik gesoneer is. ’n Voorbeeld hiervan is ’n tuis­onderneming wat deesdae baie algemeen voorkom in woonbuurte.

Bedrywe soos byvoorbeeld ’n haarsalon, tuisbakkery of produkte wat verkoop word, kan bedryf word, maar moet aan die bepalings van Skedule 9 van Tshwane se Dorpsbeplanning­skema van 2008 (gewysig 2014) voldoen.

Volgens die skedule mag so ’n onderneming nie meer as 30% van die oppervlakte van die gebou beslaan nie en mag dit dan ook nie groter as 60 m² wees nie. Die res van die eiendom moet steeds bewoon word.

’n Klein advertensiebord van A3-grootte mag opgerig word, voorsiening moet gemaak word vir twee kliënte­parkeerplekke op die eiendom, en slegs twee werk­nemers mag in diens geneem word, anders word die soneringsvereistes nie nagekom nie. Daar mag ook nie op die sypaadjies geparkeer word nie.

Robin Hefer

Die stadsraad kan die huis­eienaar ’n boete oplê en jou erf­belasting kan tot nege keer meer word as die tarief wat jy tans betaal.

Ander ondernemings soos prokureurskantore, spreekkamers van mediese dokters, ’n tweedehandse motorhandelaar en so meer moet eers aansoek doen vir hersonering tot sakeregte. Dit is nou mits dit in ’n sone is wat deur die RSDF uitgewys word vir sakeondernemings.

Jy kan nie vir die hersonering van ’n woonperseel tot ’n sakeperseel aansoek doen as die gebied nie volgens die RSDF aangedui word vir sakeondernemings nie.

Dus is dit van kardinale belang dat ’n professionele, geregistreerde stadsbeplanner genader word om jou in te lig oor die huidige sonering van jou eiendom, asook om jou raad te gee oor die moontlikheid vir die hersonering van residensiële tot sakeregte, sou jy dit oorweeg. Die stadsbeplanner sal jou dan ook kan help met die nodige aansoeke.

As eiendomspraktisyns het ons toegang tot die RSDF en kan ons jou goeie raad gee. Die hersonering sal egter steeds deur ’n ge­registreerde stadsbeplanner gedoen moet word.

  • Robin Hefer is ’n eiendomspraktisyn by Isabel Jacobs Eiendomme. Kontak hom gerus by 082 555 0762 of robin@ijprop.co.za indien jy meer te wete wil kom oor die sonering of hersonering van jou eiendom.
Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.