Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Verminder só risiko’s by verkope

Jou eiendom is die belangrikste finansiële bate wat jy ooit sal besit. Wanneer die tyd dus aanbreek om dit te verkoop moet jy dit nie ligtelik opneem nie, sê Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff Eiendomsgroep.

’n Ervare eiendomsagent help jou om die talle risiko’s in die koop of verkoop van ’n huis te systap. Foto: iSTOCK

Seeff sê eiendomstransaksies is deesdae baie ingewikkeld en daar is meer as 20 wette asook talle reëls en regulasies van toepassing op eiendom wat verkoop word.

Die las op eienaars en verkopers weeg al hoe swaarder en dit is een van die redes waarom agente vandag ’n belangriker rol in verkoopstransaksies speel, sê hy.

Die nuwe Wet op Eiendomsagentskapsake is ’n baie welkome verwikkeling, maar dit bring selfs nog meer verpligtinge vir verkopers mee. Dié wet beoog om die professionalisering van eiendomsagente te verbeter, maar stel ook vir die eerste keer ’n ombud aan wat dit nou makliker sal maak vir ongelukkige kopers om stappe teen verkopers te doen sonder om hof toe te gaan.

Hoewel defekte en weglatings byvoorbeeld nou beter gehanteer sal moet word, is daar talle ander risiko’s verbonde aan die verkoop van eiendom. Seeff gee ’n paar voorbeelde:

  • Kennis-risiko’s – die dae toe sommer enige persoon eiendom kon verkoop, is verby.

Ingewikkelde finansiële-, risikobestuur- en verbruikersbeskermingswette het die proses baie gekompliseer. Deesdae het kopers en verbruikers toegang tot genoeg inligting oor die mark en regsomgewing. Maar omdat verkopers nie eiendomsagente is nie, sal hulle nie altyd bewus wees van al die mark-, wets- en prosedurele aspekte nie, hoewel ’n plaaslike eiendomsagent wel sal wees.

  • Eiendomsrisiko’s – nuwe wetgewing maak dit nou verpligtend vir verkopers (en agente) om alle defekte aan potensiële kopers bekend te maak.

Dié nuwe verantwoordelikheid en aanspreeklikheid gaan gepaard met talle risiko’s rondom die toestand van die eiendom. ’n Kundige agent werk daagliks met eiendom en kan jou die nodige raad gee oor noodsaaklike instandhouding en ander aspekte wat aandag benodig voordat die huis in die mark geplaas word.

  • Prysrisiko’s – as jou vraprys te laag is, loop jy die risiko dat kopers jou eiendom sal onderskat en van ’n verlaagde wins, maar die grootste risiko is eintlik as jou vraprys te hoog is, meen Seeff.

’n Eiendom met ’n te hoë vraprys sal langer in die mark bly, en hoe langer jou eiendom neem om te verkoop, hoe laer is ou wins. ’n Ervare agent sal vir jou verkoops-inligting oor die plaaslike mark kan verskaf met voorbeelde van eiendomme en die pryse wat dit gehaal het. ’n Eiendomsagent sal ook vir jou die regte raad kan gee oor die optimale vraprys.

  • Mandaat-risiko’s – nie alle verkopers weet dat ’n mandaat om ’n eiendom te verkoop aan sekere minimumvereistes moet voldoen en dat dit ’n wettige kontrak met kontraktuele en finansiële risiko’s is nie.

’n Oop mandaat of gevalle waar ’n verkoper nie die bepalings van ’n mandaat verstaan nie kan dubbele kommissie meebring en ’n transaksie in gedrang bring. Dit is een van die redes waarom ’n eksklusiewe mandaat aan ’n ervare plaaslike agent met ’n bewese rekord altyd die beste opsie is.

  • Koper-risiko’s – ’n koper sal altyd die laags moontlike prys wil aanbied, terwyl ’n verkoper die hoogste moontlike prys sal wil hê.

Dié mededingende belange vereis die ingryping van ’n kundige agent om die beste moontlike uitkoms vir albei partye te onderhandel. Die agent sal ook die koper en die aanbod verifieer om te verseker dat dit wettig is.

  • Kontrak-risiko’s – die papierwerk en kontraktuele verpligtinge om ’n huis te verkoop is aansienlik.

By so ’n ingewikkelde transaksie is dit beter vir verkopers om die dienste van ’n ervare agent te gebruik wat die beste raad, stelsels en prosedures kan bied om jou belange regdeur die proses te beskerm, van die mandaat en aanbod tot die oordragproses.

Vind Seeff op die eiendomsportale of besoek www.seeff.com.

Meer oor:  Samuel Seeff  |  Seeff  |  Eiendomme  |  Huisgids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.